Gee die Khomas100 gas

Bergfietsry
Al die bekende name tree aan vir die opwindende uitdaging deur die sentrale gebied se mooiste uitsigte.
Tielman Van Lill
Die Khomas100, geborg deur Hollard Namibia, word vir die eerste keer as die Namibiese nasionale gruispad-bergfietskampioenskap ingespan.

Namibië se geharde vroue- en mansryers pak môre die grondpaaie van die Khomas Hochland aan om te bepaal wie vir die eerste keer as die nasionale “gravel”-kampioentruie mag dra.

Die aansluiting van Olimpiese talent soos Alex Miller (laas Saterdag die wenner van die Prince George 100-myl gruispadbyeenkoms in die Suid-Kaap) uit Suid-Afrika, asook Vera Looser uit Switserland getuig van die topryers se hoë dunk van die byeenkoms.

Met nog name soos Anri Greeff, Melissa Hinz, Belinda van Rhyn (2023 Desert Dash-solowenner), Genevieve Weber, Drikus Coetzee, Martin Freyer, Kevin Lowe en Jaques Hanekom behoort die voorpunt van die 143 km resiese gewis interessant te verloop. Enigiemand wat te vroeg wegbreek, sal bereid moet wees om lank op sy eie te moet werk.

Prysgeld van N$25 000, N$10 000 en N$5 000 wag op beide geslagte se wenners in die elite en o.23-resiese, met N$5 000 elk aan die wenners van die subveterane (30-39 jaar), veterane en meesters en N$2 500 vir die eerste grootmeesters (60-69 jaar).

Drie roetes maak voorsiening vir ryers van verskillende ervaringsvlakke. Elke roete is sorgvuldig gekies om die natuurskoon van die Khomasstreek ten toon te stel.

Die kanniedoodryers se uitdagende 143 kilometer strek vanaf die Tony Rust-renbaan toot die eindstreep by Gross Barmen naby Okahandja, met ‘n totale klimhoogte van ongeveer 2 000 meter. Die deelnemers sal teen 06:00 wegspring om die ergste hitte van die dag vry te spring.

‘n Effens makker weergawe van 84 km is ook op die spyskaart, terwyl die minder gesoute ryers 44 km sal aandurf. Dié deelnemers volg ‘n sirkelroete wat by Gross Barmen begin en eindig.

‘n Totaal van meer as 350 inskrywings is vir die drie roetes ontvang.

Die ingeskrewe ryers vir die 143 km-roete (met ouderdomme):



VROUE

Ada Kahl (19), Olivia Shililifa (22), Anri Greeff (29), Julika Pahl (30), Vera Looser (31), Faith Tuhwe (32), Jo-Andri Pretorius (32), Monika Szczepan (33), Marcelle Eloff (36), Jean-Marie Mostert (37), Nicola Fester (37), Mimi Hough (38), Miyelani Kumalo (39), Melissa Hinz (39), Belinda van Rhyn (39), Anja Potgieter (40), Luanne van der Schyff (40), Ronja King (40), Marissa Mouton (41), Vinette Lewis (41), Nina Holtrup (43), Maike Bochert (43), Ulande Viljoen (44), Raquel Coimbra (45), Marion Schonecke (45), Genevieve Weber (47), Irene Steyn (47), Johanita de Waal (48), Anneke Steenkamp (50), Christiane Beulker (51), Monika Grossmann (53), Wilmien Chamberlain (54), Talitha Wassenaar (62).



MANS

Charles Koster (19), Kevin Lowe (20), Jaques Hanekom (21), Brandon-Lee Martin (23), Simon Kaita (23), Alex Miller (24), Nicolaas Swart (25), Magnus Kamburu (26), FC Smith (26), Tyson Tjege (27), Brandon Plaatjes (27), Maruen Kleopas (27), JP du Toit (27), Martin Freyer (29), Gareth Jooste (29), Henry Platt (29), Danzel de Koe (29), Hardus Nel (30), Boris Kulikowski (31), Marckernzy Eiseb (31), Drikus Coetzee (31), Howard Rukoro (32), Lorenzo Hansen (33), Michael Falk (33), Christo Engelbrecht (33), Morné Gouws (33), Jafet Amukushu (33), Salesius Siegfried (34), Petrus Meiring (34), Theo Steenkamp (34), Riaan Reinhardt (34), Marnus Verdoes (35), Nathan Goliath (35), Thiaan Lewis (35), André Engelbrecht (36), Johan Maass (37), Michael Stoffberg (37), Jurgen Sander (38), Shanco Renton (38), Riaan de Beer (38), Gerhard Breedt (38), Ananias Tamati (38), Braam Vermeulen (39), André Vermeulen (39), Christoph Rocher (39), Pierre Lambert (39), Eddie King (39), Hardus Burger (39), Alroy Schumann (40), Stephano Hartung (40), JD Engels (41), Ananias Shilongo (41), Murray Koch (41), Francois Rocher (41), Saltiel Shaanika (41), Lester Meyer (41), JG van Graan (41), Leodolf Swanepoel (41), Michael Grant (42), Matheus Karukango (42), Eddie Viljoen (42), AJ Cloete (42), Ingram Cuff (42), Adriaan Cloete (42), Renier Schwartz (43), Horst Neumann (43), Chris-Johan Hartman (44), Marius Boonzaier (45), Nabil Robiati (45), John Mutesi (45), Christian Oeser (46), Fanus Bredenhann (46), Pieter van der Merwe (46), Malusi Molewa (47, e-fiets), Jan-Christo Coetzer (47), Mike Baartman (48), Theo Klein (48), Dieter Pesch (48), Johann Pretorius (48), Sven Ströhmenger (48), WP Michau (49), Grant Mitchell (49), David Weber (49), Stephan Schoeman (49), Fanie Steenkamp (50), George Fransman (50), Clive Kavendjii (50), Rickey Diergaardt (50), Jaco Lamprecht (50), Ian Grassow (51), Clinton Hilfiker (51), Therald Murch (52), Hans Hashagen (52), Charles McNab (52), André Smit (52), Freddy van Zyl (53), Francois du Toit (53), Adolph Denk (53), Alden Strauss (53), Leonard Martin (54), Francois Smith (54), Tiaan Nel (54), Derick Klein (54), Daneel van der Walt (55), Joris Harteveld (56), Bill Sieberhagen (56), Johan Moolman (56), Tony Moller (56), André van der Merwe (57), Jacky Jacobs (57), Johan Fourie (58), Gerard Rust (58), Dirk Coetzee (59), Nico Goosen (59), Jan van Blerk (59), Frank Snyman (60), Jan Nel (60), Stephen Retief (60), Neil Clark (60), Hentie Hough (61), Theo Wassenaar (61), Bennie Theron (62), Paddy Murphy (63), Kobus Hamilton (63), Phillip Barnard (65), Ben Dauth (66).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!