Die deelnemers aan laas naweek se 3Passes-toer. Foto verskaf
Die deelnemers aan laas naweek se 3Passes-toer. Foto verskaf

Gesinne ingesluit by 3Passes-uitdaging

Bergfietsry
Die gewilde jaarlikse 3Passes bergfietstoer is die afgelope naweek oor drie dae in die Hardapstreek afgehandel.

Met die fokus op gesinstyd asook nuwe vriendskappe bied die toer meer as net die normale dag tot dag fietsry, sê die hooforganiseerder Johan Fourie.

Die geleentheid word vir individue gebied om nuwe uitdagings aan te pak waar hulle in vryheid dit kan doen en terselfdertyd ook die Namibiese natuurskoon te kan geniet. Elke deelnemer kan kies om die volle afstand te ry, of slegs 'n gedeelte daarvan. Tyd speel glad nie 'n rol nie, wat enige druk van deelnemers afhaal.

“Die sport verg baie tyd en kan 'n baie negatiewe uitwerking op ons lewens he as ons nie genoeg tyd maak om werklik aan huwelike en vriendskappe te werk nie. Ons het in 'n groot maat baie selfsugtig geword en elkeen van ons moet van tyd tot tyd stop en perspektief kry van wat is belangrik.

“Fietsry in Namibia is baie ‘gesond’ indien jy na die getalle deelnemers kyk, asook die prestasies wat van ons mense op internasionale vlak bereik. Die vraag is altyd: teen watse koste?

“Ons was weereens gehuisves by Namibgrens Guest Farm waar Kalf en Sandra van Zyl na ons omgesien het. 'n Goeie maaltyd en 'n goeie nag se rus in die stilte van die bos is meer as genoeg om elkeen reg te kry vir 'n nuwe dag. Hier word jy word altyd met soveel warmte ontvang en na omgesien.”

Dag 1 se afstand van 118 km het in geheel uit distrikpad bestaan, óf 102 km wat 'n gedeelte plaaspad ingesluit het. Die Gaubpas was deel van die roete. Soos altyd kon deelnemers kies om die hele afstand te ry, of net 'n gedeelte daarvan.

Dag 2 was oor 'n afstand van 144 km, of ‘n gedeelte daarvan, wat Remhoogte asook Spreetshoogte ingesluit het.

“Dag 3 het ons op Namibgrens as groep saamgery en bloot die skoonheid van die landskap geniet.

“Die Namibiese grondpaaie wissel in oppervlak wat, met inagneming van wind en hitte, altyd 'n uitdaging bied. Die dagtemperature was heel aanvaarbaar, met inagneming van vorige jare, hoewel ons van tyd tot tyd by 40°C gedraai het.”

Ryers wat persoonlike nuwe uitdagings gestel en hul langste afstand nóg behaal het, was Marinda le Roux (110 km), die elfjarige Patric von Kunow (101 km), Lizie le Roux (50 km), Esmeralda Nel (101 km) en Ada Kahl (125 km).

Drie ryers het die Spreetshoogtepas (4 km waarin vertikaal 450 meter geklim word) vir die eerste keer bestyg, by name Wimpie Bronner, Francois le Roux en Marinda le Roux.

Fourie sê: “Elke jaar bring die Here iets nuuts wat my altyd laat besef dat ek dit nooit sonder Hom wil doen nie. Ek sê baie dankie aan die bydraende borge wat die naweek 'n groot sukses gemaak het, naamlik Superspar The Grove, Cymot, Pupkewitz Toyota, Rhodes Foods, Chiwani Safari Camps en DebMarine Namibia.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 23° | 37° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 25° | 34° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 16° | 34° Ariamsvlei: 21° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 37° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!