Jong Eagles-groep pak res van Afrika
Krieket
'n Ontluikende groepie jonges, vermeng met 'n klein ervare kern, verteenwoordig Krieket Namibië in Ghana.
Namibië se Richelieu Eagles sal vanaf komende Sondag tot 20 Maart by die Afrika-spele in Accra, Ghana, by die Achimota Senior Secondary School se A-veld in drie T20-internasionale krieketwedstryde (T20i) in aksie wees.
Namibië stap Sondag in groep B eerste teen die Zimbabwe Chevrons op die veld, waarna Nigerië en Tanzanië volg.
In groep A is Ghana, Kenia, Suid-Afrika en Uganda die mededingers.
Afgesien van Suid-Afrika se Proteas, het die Eagles en Uganda se Kraanvoëls in November verlede jaar in die Namibiese hoofstad die vasteland se kwalifiseerders vir die T20-Wêreldbeker in die VSA en Wes-Indië geword. Zimbabwe, as ’n toetsspelende land met volle lidstatus van die Internasionale Krieketraad (ICC), het in Windhoek nie die kwalifiserende pyp na die T20-Wêreldbeker gerook nie.
Hoewel Zimbabwe se veelsydige kaptein, Sikander Raza, toe as beste kolwer en speler van die toernooi bekroon was, het die Chevrons vernederende pakke slae gekry teen beide Namibië en Uganda.
Die naweek is dus Zimbabwe se volgende kans om met mag en mening aan die Eagles ’n punt te bewys. Raza was nie gelukkig ná sy span se flou vertonings nie en hy was as kaptein onder skoot by sommige van die Chevron-spelers en die publiek.
Raza is nie in die span vir Accra nie. Clive Mandande, die paaltjiewagter, sal aan die stuur van Zimbabwe wees.
Nes Namibië, stuur Suid-Afrika ook nie sy volsterkte Proteaspan nie, maar ’n opkomende groep spelers.
Gerhard Erasmus kry nog ’n waardevolle hersteltyd van sy tussenribspierbesering en Nicol Loftie-Eaton sal Namibië in Accra aanvoer.
Nog senior Eagles wat ’n ruskans kry, is onderkaptein JJ Smit, Jan Frylinck, Michael van Lingen, Ruben Trumpelmann, Tangeni Lungameni, Bernard Scholtz en paaltjiewagter Zane Green. Die topordekolwer Lo-han Louwrens herstel ook nog van ’n skoueroperasie.
Kaptein Loftie-Eaton sal wel deur senior Eagles soos Niko Davin, JP Kotzé en Ben Shikongo bygestaan word. Malan Kruger kry opnuut ’n kans om op sy stewige vertonings in Nepal voort te bou en Handré Klazinga kan sy hand met ’n goeie vertoning in Accra opsteek.
Verskeie junior Eagles kry ook bevordering ná die onlangse o.19-Wêreldbeker in Suid-Afrika.
Gerhard Janse van Rensburg, Jack Brassell en PD Blignaut het al vir die senior Eagles gespeel. Brassell het onlangs in Nepal uitstekend as naatbouler op sy eerste senior Eagles-toer gevaar, terwyl Blignaut nog sy vertroue as draaibalbouler ná sy ondervinding in Nepal moet herwin.
Van Rensburg was in Julie 2023 vir die senior Eagles teen Uganda vir vier T20i’s ingespan. In Accra sal hy moontlik boul en as paaltjiewagter saam met die gesoute JP Kotzé gebruik word.
Die linkerarm naatbouler, Morris “Junior” Kariata, kry uiteindelik ’n geleentheid vir die senior Eagles. Hy het vir die junior Eagles goed in die onlangse o.19-Wêreldbeker in Suid-Afrika geboul.
Hopelik kry hy die kans om sy vernuf ten toon te stel. Kariata beskik oor die vermoë om die bal lekker te laat swaai. Dié juweel moet beslis gekoester word.
Shaun Fouché en Dylan Leicher kan in Accra wys wat in hulle steek. Leicher het in April 2022 in twee T20i-kragmetings teen Uganda geboul en 1/45 gevat. In die ander twee gewone T20-botsings teen Uganda het hy as naatbouler 3/51 bewerkstellig. Fouché het wel in een T20i vir die senior Eagles gespeel.
KLUBSPELERS BEVORDER
JC Balt klop al lank aan die deur. Die veelsydige draaibouler en aanvangskolwer kan ’n sterk bydrae lewer wanneer hy aan die gang kom. Hy is ’n ervare premierligaspeler vir Wanderers, maar moet benewens sy vorige ondervinding in Namibië se nasionale o.19-span in Oktober 2021 teen Nigerië, Rwanda en Tanzanië (68 lopies en 4/67) nog die trap hoër klim.
Tydens Ierland-A se toer in 2022 het Balt vir Namibië A in drie T20-toerwedstryde diens gedoen. Die Afrika-spele kan dus net die regte wegspringplek vir Balt wees.
Addo Iita en Simon Shikongo is opkomende spelers wat ontwikkel word. Veral Shikongo is ’n belowende naatbouler vir die toekoms, maar Iita kan verras.
DIE NAMIBIESE SPAN
Oscar Nauhaus is die Eagles se afrigter vir Accra.
Nicol Loftie-Eaton (36 T20i’s, 328 lopies teen 16.40, 9 paaltjies vir 317 lopies)
Niko Davin (27 T20i’s, 779 @ 31.16)
JP Kotze (30 T20i’s, 495 @ 20.62)
Ben Shikongo (29 T20i’s, 24/452)
Malan Kruger (4 T20i’s, 89 @ 29.66)
Gerhard Janse van Rensburg (4 T20i’s, 36, 4/55)
Handré Klazinga (3 T20i’s, 3/52)
Jack “Russel” Brassell (2 T20i’s, 2/45)
PD Blignaut (2 T20i’s, 0/49)
Dylan Leicher (2 T20i’s, 1/45)
Shaun Fouché (1 T20i)
JC Balt (geen T20i)
Morris “Junior” Kariata (geen T20i)
Addo Iita (geen T20i)
Simon Shikongo (geen T20i).
GROEPWEDSTRYDE
Sondag 17 Maart. Groep A: Ghana teen Suid-Afrika en Kenia teen Uganda. Groep B: Namibië tn Zimbabwe en Nigerië tn Tanzanië.
Maandag 18 Maart. Groep A: Kenia tn Suid-Afrika en Ghana tn Uganda. Groep B. Tanzanië tn Zimbabwe en Namibië tn Nigerië.
Woensdag 20 Maart. Groep A: Suid-Afrika teen Uganda en Ghana teen Kenia. Groep B: Nigerië tn Zimbabwe en Namibië tn Tanzanië.
Die toptwee spanne uit elke groep sal in die semifinale speel.
Donderdag 21 Maart, Semifinaal 1: Wenner Groep A tn tweede in Groep B. Semifinaal 2: Wenner Groep B tn tweede in Groep A.
23 Maart, Finaal.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie