Heinrich Klaasen Foto Getty Images
Heinrich Klaasen Foto Getty Images

Klaasen voer Proteas teen Pakistan aan

Krieket
Tielman Van Lill
Rob Walter, hoofafrigter van die Proteas, het gister die 15 spelers aangekondig wat vanaf 10 tot 14 Desember vir Pakistan in drie internasionale T20-wedstryde van die kort KFC-reeks gaan aandurf.

In die afwesigheid van Aiden Markram sal Heinrich Klaasen aan die Protea-helm staan. Markram is tans in aksie by die toetsreeks teen Sri Lanka in Suid-Afrika.

Markram sal saam met Marco Jansen, Keshav Maharaj, Kagiso Rabada en Tristan Stubbs die KFC T20I-reeks misloop. Hulle sal weer vir die internasionale Eendagreeks teen Pakistan speel ter voorbereiding van die ICC-kampioenskapstrofee wat volgende jaar aan die beurt kom.

Anrich Nortje, die draaibalbouler Tabraiz Shamsi en George Linde (wat laas in 2021 T20I-wedstryde vir die Proteas gespeel het), is deel van Markram se troepe.

Die Proteas is Heinrich Klaasen (Momentum Multiply Titans), Ottneil Baartman (Hollywoodbets Dolphins), Matthew Breetzke* (Dafabet Warriors), Donovan Ferreira (Momentum Multiply Titans), Reeza Hendricks (DP World Lions), Patrick Kruger (Dafabet Warriors), George Linde (World Sports Betting Western Province), Kwena Maphaka* (DP World Lions), David Miller (Hollywoodbets Dolphins), Anrich Nortje (Dafabet Warriors), Nqaba Peter (DP World Lions), Ryan Rickelton* (DP World Lions), Tabraiz Shamsi** (Momentum Multiply Titans), Andile Simelane (Hollywoodbets Dolphins) en Rassie van der Dussen (DP World Lions).

*Matthew Breetzke, Kwena Maphaka en Ryan Rickelton sal ná die Sri Lanka-toetsreeks by die span aansluit.

**Tabraiz Shamsi’s se deelname aan die Global Super League in Guyana kan hom onbeskikbaar vir die eerste T20I maak.



Wedstrydprogram

Dinsdag 10 Desember by SuperSport Park en 13 en 14 Desember by Wanderers in Johannesburg.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 21° | 32° Oshakati: 23° | 29° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 20° | 30° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 21° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 16° | 32° Aranos: 21° | 32° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 28° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 15° | 30° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 29° Maputo: 24° | 34° Windhoek: 20° | 30° Cape Town: 19° | 23° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!