Lions brul ná dramatiese eerste sege

Krieket
Tielman Van Lill
Sondagmiddag se laat wedstryd in die Castle Lite T20-konsessiereeks by die Unitedveld was 'n epiese stryd wat die N/a'ankusê Lions met die laaste aflewering teen die Fish River Eagles gewen het.

Voor dié uitslag was die Lions die enigste van die vier spanne sonder enige wenpunte.

Die Eagles-kaptein JP Kotzé het die loot gewen en gekies om eerste te kolf. Sy span het 160 vir die verlies van sewe paaltjies in 20 boulbeurte opgestel.

Kotzé self het met 65 lopies van 37 balle (5x4, 5x6) die toon aangegee, hoewel hy sy aanvangsmaat JC Balt (uitgehardloop vir 19 van 14 balle) aan die einde van die sewende boulbeurt verloor het (81/1).

Malan Kruger (22 van 18 balle) en Simon Shikongo (23 van 26 balle) het ook tot die Eagles-totaal bygedra. Samson Chivi het net nege balle ontvang, maar met een ses en twee viere het hy 19 gehaal voordat hy gestonk is.

In die Lions-kolfbeurt het Gerhard Janse van Rensburg sake bymekaar gehou met 50 van 37 balle (4x4 3x6) totdat hy deur Kotzé gestonk is. Ná die vroeë verlies van Michael Muller (3) en kaptein Shaun Fouché (13) het JJ Smit twee sesse kom slaan vir 30 lopies voor hy sy 20ste bal terug in die bouler Junior Kariata se hande gestuur het.

In die laaste vier boulbeurte moes die Lions 45 lopies van 24 aflewerings vir ‘n sege aanteken.

Met die laaste bal van die 20ste beurt was die Lions (157/7) nog vier lopies kort van ‘n oorwinning. Maar dié aflewering van Handré Klazinga na Jack Brassell het verby die Eagles-paaltjiewagter JP Kotzé vir vier loslopies na die grenstou deurgeglip. Brassell het in die laaste boulbeurt briljant kop gehou en agt lopies vir sy span se oorwinning met drie paaltjies (161/7 in 20) geslaan.

Gerhard Janse van Rensburg van die Lions is as speler van die wedstryd aangewys.

In die vergelyking van grenshoue het die Eagles 20 geslaan (14x4, 6x6, 92 lopies) en die Lions 17 (11x4, 6x6, 80 lopies).

Die topdrie boulers van die wedstryd was Addo Ita van die Eagles (2 paaltjies vir 24 lopies in 4 boulbeurte, ekonomie 6), Samson Chivi van die Lions (2/24 in 3, ekon. 8) en Handré Klazinga (2/34 in 4, ekon. 8.5).

Die drie mees ekonomiese boulers was Francois du Plessis van die Lions (1/9 in 4, ekon. 2.25), Ita (ekon. 6) en Zhivago Groenewald van die Eagles (0/26 in 4, ekon. 6.5).



Reeks se topvyf (ná drie wedstryde elk)

Kolwers: JC Balt (Eagles, 134 lopies in twee kolfbeurte), JJ Smit (Lions, 107 in 3), Joshuan Julius (Wildcats, 106 in 3), Shaun Fouché (Lions, 104 in 3) en Gerhard Erasmus (Jets, 100 in 3).

Boulers: Handré Klazinga (Eagles, 6 paaltjies in 10 boulbeurte, ekon. 8.7), Danie van Schoor (Wildcats, 5, 10 bb, ekon. 6.4), Bernard Scholtz (Wildcats, 5, 12 bb, ekon. 6.75), Tangeni Lungameni (Lions, 5, 11 bb, ekon. 9.45) en Nyasha Nyashadzaishe (Wildcats, 4, 11.3 bb, ekon. 6.26).

Individuele ranglyspunte: JC Balt (282 punte), Shaun Fouché (212), Gerhard Erasmus (201), JJ Smit (164), Bernard Scholtz (158).

Die Castle Lite T20-konsessiereeks word komende Vrydag, Saterdag en Sondag met twee botsings per dag by United in Olympia afgehandel. Elke span het drie oorblywende wedstryde.

Die reeks se prysuitdeling sal Sondag ná die laate wedstryd by United plaasvind.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 21° | 32° Ruacana: 22° | 29° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 21° | 30° Gobabis: 19° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 23° Rehoboth: 24° | 33° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 26° | 38° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 21° | 30° Cape Town: 20° | 30° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 18° | 27° #REF! #REF!