Lungameni pluk hart uit Oman-kolflys
Krieket
Beide spanne berei hulle voor op die naderende ICC T20 Wêreldbeker.
Kaptein Gerhard Erasmus was verlig dat sy Namibiese Richelieu Eagles op die eerste dag van hul kriekettoer in Oman genoegsaam by die vreemde toestande aangepas het om gister die eerste internasionale T20-wedstryd teen die gasheerland te kon wen.
In 'n wedstryd met lae kolftellings kon Oman net 109/9 in sy 20 boulbeurte bymekaar skraap. Hierop het Namibië (114/6) aanvanklik ook vroeë paaltjies verloor, maar wel daarin geslaag om die teiken te bereik met vier paaltjies staande en agt balle oor.
Die linkerarm-naatbouler Tangeni Lungameni was uitstaande in 'n puik Namibiese boulaanval waarin elk van die ses boulers paaltjies geneem het.
Lungameni is as die speler van die wedstryd bekroon vir sy 3/13 in vier boulbeurte (een leeg), terwyl Ruben Trumpelmann (2/28 in 4), David Wiese (1/23 in 4), Bernard Scholtz (1/20 in 3), Gerhard Erasmus (1/20 in 4) en Dylan Leicher (1/4 in 1).
Paaltjiewagter Zane Green sou straks ook 'n kandidaat as speler van die wedstryd kon wees, vir sy vier vangskote (drie vanaf Lungameni se boulwerk) wat hy later opgevolg het met 'n deurslaggewende, berekende 26 lopies van 29 balle.
Green, as kolwer nommer vyf, se telling was uiteindelik die span se hoogste vir die dag, nadat Malan Kruger (8), Gerhard Erasmus (3), JP Kotzé (16), Jan Frylinck (3) en Gerhard van Rensburg (7) ook hul paaltjies verloor het om die Eagles op 72/5 ná 12 boulbeurte steeds onder 'n mate van druk te hou.
Boonop is Green ook met 'n uitmuntende vangskoot op skerpby uitgehaal (75/6 ná 12.4 bb), maar hierna het die jonge Dylan Leicher en die veteraan David Wiese seker gemaak die laaste lopies kom sonder nog 'n verlies.
Leicher, wat Woensdag 20 jaar oud word, het een vier geslaan in sy 12 van 22 balle, terwyl die 38-jarige Wiese sy ervaring gewys het in sy 23 nie uit nie van 16 balle, met twee viere en een ses.
Lungameni was agterna beskeie. “In die bewolkte toestande moes ons net die bal in die regte plek boul om die kolwers te dwing om met iets vorendag te kom en die kolfblad sou dan die res doen. Oman het hul kolfbeurt goed begin, maar as 'n span het ons dinge bymekaar getrek.”
Die toer bestaan uit vyf internasionale T20-wedstryde, tussen twee lande wat beide vir die naderende ICC T20 Wêreldbeker in die VSA en Wes-Indië gekwalifiseer het.
Wedstryd 2 is vanmiddag, met een afdag voor wedstryd 3.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie