Malan en Rossouw in MLR-uitklopfase betrokke

Rugby
Ses professionele speler van Namibië was hierdie seisoen in die VSA in aksie.
Andrew Poolman
Die Namibiese senter Le Roux Malan is op koers met sy Major League Rugby-kampioenspan New England Free Jacks om moontlik in 2024 ‘n tweede opeenvolgende keer die Amerikaanse titelhouers te word.

Die 25-jarige binnesenter het hierdie seisoen reeds nege wedstryde gespeel (agt in die beginspan) sedert die traumatiese laagtepunt by die 2023 Wêreldbeker-wedstryd teen Nieu-Seeland, toe sy fibula vroeg in die eerste helfte gebreek is.

Dit was net enkele maande nadat hy een van die New England Free Jacks van Boston, Massachusetts, se groot helde was in die franchise se eerste verowering van die MLR-trofee. Malan het die wendrie in die eindstryd teen San Diego Legion gedruk.

Ná die katastrofiese beenbreuk by die Wêreldbeker het Malan stadig maar seker sy herstel- en rehabilitasietydperk voltooi voordat hy tot die speelveld teruggekeer het.

“Die laaste jaar was 'n ware ‘rollercoaster’,” het Malan in ‘n onlangse onderhoud gesê. “Eerlikwaar, dit was baie emosioneel. Die hoogtepunte was baie hoog, en die laagtepunte was baie laag. Uitdagend. Seker die mees uitdagende tyd in my lewe.

“Dit was 'n vreemde proses, een wat baie groei en ervaring behels het.

“Daar was 'n bietjie van alles, en die feit dat die Free Jacks my reguit in hul sorg geneem het, wys my wat ‘n wonderlike klub dit is. Dit was spesiaal.”

“Die hele idee was dat ek baie geduldig in die proses sou wees. Om dit nie tydens die rugbyseisoen te doen nie, was veel beter; dit het amper nie soos rehabilitasie gevoel nie.

“Ek het bietjie bolyf-kondisionering gedoen, twee keer 'n week behandeling op my been gekry en 'n klomp enkeloefeninge gedoen.

“Vir Kersfees is ek huis toe, en terug in Boston het dit besiger geraak. Daardie drie maande het soos voorseisoen gevoel. Dit was redelik beheersd en ons het dit stap vir stap geneem.

“Ek skuld die Free Jacks se mediese personeel so baie, en al die eer kom hulle toe.”

In die 2024-seisoen het Malan sy terugkeer tot die Free Jacks se beginspan op 6 April teen die Miami Sharks gemaak. Afgelope Saterdag het hy sy negende verskyning gemaak in die 12-trui vir die oorwinning met 33-29 teen Old Glory DC in die Oostelike Konferensie se halfeindstryd.

Hierdie uitslag het die Free Jacks se plek in die konferensie-eindstryd bespreek, wat komende Saterdag op hul tuisstadion teen die Chicago Hounds voorlê.

Die Free Jacks moet egter sonder hul Namibiese yster-losvoorspeler Wian Conradie klaarkom, wie se seisoen halfpad beëindig is deur ‘n kniebesering wat ‘n operasie vereis het.

Hoewel Malan in sy 579 minute speeltyd hierdie seisoen nog nie ‘n drie gedruk het nie (teenoor nege drieë in elf wedstryde laas jaar), word hy steeds as ‘n belangrike stuk in die Free Jacks se legkaart gereken.



Divan Rossouw

Le Roux Malan en Divan Rossouw is die enigste van die ses Namibiese spelers in MLR 2024 wie se spanne nog ‘n aanspraak het.

Rossouw (28) het in sy eerste seisoen by die Seattle Seawolves reeds ‘n beduidende impak gemaak, nadat hulle hom einde verlede jaar van die Russiese klub Krasny Yar Krasnoyarsk aangeskaf het.

Die Seattle Seawolves, wat in 2018 die eerste Major League Rugby-seisoen gewen en in 2019 die titel suksesvol verdedig het, het vanjaar tweede op die westelike konferensie se puntelys klaargemaak.

In laas Sondag se halfeindronde van die westelike konferensie het hulle die San Diego Legion-span van Matt Giteau naelskraap met 30-28 uitgeskakel.

Een van Rossouw se bydraes laas naweek was ‘n rolskoppie na die doelgebied om hul eerste drie vir die gewese Blou Bulle-vleuel Duncan Matthews te skep.

‘n Gevaarlike duikslag op die Namibiër kort daarna het tot ‘n geelkaart vir San Diego se Marcel Brache (WP, Stormers, Western Force, VSA Eagles) en drie punte vir die Seawolves gelei.

Die Seawolves het Rossouw hierdie seisoen meestal in sy gebruiklike posisie as heelagter ingespan, maar bykans ewe veel speeltyd as buitesenter gegee.

In twaalf wedstryde (almal in die beginspan; totaal 954 minute; vier drieë) het Rossouw reeds 1 491 meter met die bal gehardloop. Op die ganse ranglys vir die seisoen plaas hierdie syfer hom vyfde in die kompetisie, en eerste van die Seawolves.

Twee keer in die huidige seisoen (week 11 en week 13) is Rossouw ook vir MLR se “droomspan van die week” uitgesonder – beide kere as heelagter, in vertonings waar hy ver met die bal gehardloop het en lang afstande met sy skoppe behaal het.



Seisoen verby

Afgesien van die ongelukkig beseerde Wian Conradie, het die Namibiese skrumskakel Damian Stevens (New Orleans Gold) die verste gevorder toe sy span laas naweek in die oostelike konferensie se semifinaal uitgeskakel is. Die losskakel Cliven Loubser het goeie spel vir die nuut gestigte Anthem North Carolina gelewer, terwyl die flank en slot Max Katjijeko in sy eerste seisoen vir Rugby Los Angeles bygedra het.

Kommentaar

Republikein 2024-09-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Katima Mulilo: 18° | 38° Rundu: 15° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 14° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 11° | 31° Henties Bay: 9° | 15° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 11° | 12° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 17° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 9° | 30° Mariental: 9° | 27° Keetmanshoop: 8° | 23° Aranos: 8° | 29° Lüderitz: 9° | 29° Ariamsvlei: 6° | 22° Oranjemund: 9° | 26° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 9° | 15° Maseru: 2° | 22° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 16° | 22° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 10° | 18° Durban: 13° | 15° Johannesburg: 14° | 27° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007 Sport results: Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Weather: Katima Mulilo: 18° | 38° Rundu: 15° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 14° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 11° | 31° Henties Bay: 9° | 15° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 11° | 12° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 17° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 9° | 30° Mariental: 9° | 27° Keetmanshoop: 8° | 23° Aranos: 8° | 29° Lüderitz: 9° | 29° Ariamsvlei: 6° | 22° Oranjemund: 9° | 26° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 9° | 15° Maseru: 2° | 22° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 16° | 22° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 10° | 18° Durban: 13° | 15° Johannesburg: 14° | 27° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007