MMA-baas kom kyk Windhoek deur
Gevegsport
MMA Namibië se vooruitsigte om ’n Wêreldkampioenskap aan te bied is besig om momentum te kry. Carlos de Sousa (links), uitvoerende hoof van MMA Namibië, het gister die besoekende Kerrith Brown, president van die International Mixed Martial Arts Federation aan die plaaslike media voorgestel. Brown is tans hier om te bepaal of die plaaslike MMA-beheerliggaam in staat is om ‘n wêreldkampioenskap aan te bied. Namibië se eerste toetslopie is die Afrika-kampioenskap wat vanaf 25 Mei vanjaar in die hoofstad gehou sal word. Foto Tielman van Lill
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie