Namib op sy beste vir The Dunes Xtrail

Draf in die duine
Die Namibwoestyn is 'n unieke omgewing – een van net twee plekke ter wêreld waar ‘n woestyn die oseaan ontmoet. Die droë en ongenaakbare aard verskil van ander kusstreke, wat meestal welig en vogtig is.

Waar die verskuiwende duine die Atlantiese Oseaan ontmoet, in hierdie pragtige, ewig veranderende omgewing is die derde byeenkoms in die Standard Bank Xtrail-reeks 2024 laas naweek aangebied.

Die Standard Bank Dunes Xtrail is vir die negende jaar hier aangebied in samewerking tussen Standard Bank en OTB om die reeks te skep, wat 'n eens marginale sport bevorder en uitbou tot 'n prettige aktiwiteit vir elke tipe persoon.

Deelnemers wissel van gesinne en stappers, wat bloot die natuur wil ervaar, tot professionele hardlopers.

Yvonne Brinkmann van OTB Sport het Standard Bank bedank vir sy volgehoue ruim borgskap, ondersteuning en bydrae tot velddrafbyeenkomste oor die afgelope nege jaar, asook hul onwrikbare verbintenis tot 'n gesonde en aktiewe gebaseerde leefstyl vir Namibiërs.



16 kilometer

Die Standard Bank Dunes het by Tiger Reef Beach Bar begin en geëindig. Deelnemers kon kies tussen 'n 8 km- of 16 km-roete.

Die drie wenners, en eerste drie mansvoltooiers van die 16 km, se ouderdomme het grootliks verskil. Eerste oor die lyn was die elite-hardloper Nasimane Shigwedha in 'n tyd van 1:01:11, kort daarna gevolg deur Salomo David, 'n meestersatleet, in 1:02:11. Derde algeheel was Martin Ntinda, 'n veteraanhardloper, wat ná 1:05:54 ingekom het.

Aan die vrouekant was die eerste drie oor die eindstreep almal in die elite-kategorie. Salmi Nduviteko (1:08:32) het die tweede geplaaste Indileni Pengeomake (1:09:13) en Nicole Blaauw (derde in 1:24:26) geklop.

Die wenner van die veteraankategorie was Benitha Paulus, terwyl Gisela Noci (1:28:14) die prys as die eerste meestersvrou ingeneem het.



7 kilometer

In die 7 km-wedloop was die eerste drie hardlopers almal elite mansatlete. Die wenner Samuel Jason (30:22) moes hom haas om voor Maulisiu Dominikus (30:52) te bly, met Malakia Namukomba derde in 30:43.

In 34:23 het Ananias Ambunda eerste van die veterane klaargemaak en Bolla Akwenye (37:58) was die meesterswenner.

Die eerste plek vir seuns 11 en jonger was Marcel Ahrens (42:18). In die effens ouer kategorie van 15 en jonger het Micah Chase (36:29) die eerste plek behaal.

Die eerste twee vroue oor die wenstreep was Tuuli Angala (34:20), gevolg deur Ivonne Shelikita (38:27), wat beide in die elite klas is. Die lgehele derde vrou en wenner van die veterane was Hileni Rijnen in 46:55.

Vera de Cauwer het haar wedloop in 53:07 voltooi en was eerste van die meestersvroue.

In die jonger kategorieë was Leone de Lange eerste vir die 11 en jonger groep (54:27) en Lena Ahrens (1:01:02) was eerste vir die 15 en jonger kategorie.

Kommentaar

Republikein 2024-10-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...