Nasionale titels vir Endjala en Fourie
Muurbal
Die Namibiese nasionale geslote muurbalkampioenskap, geborg deur Gendev, is die naweek by die Buccaneers-klub in Walvisbaai afgehandel.
In die toernooi, wat Vrydag afgeskop en tot Saterdagaand geduur het, het muurbalatlete spelers om die gesogte enkelspeltitels in die mans- en vroueafdelings meegeding.
Die land se topgekeurde manspeler het hul onderskeie eindstryde gewen.
Le Hugo van Rooyen, van Buccaneers-muurbalklub, het benadruk dat dit een van die grootste toernooie in die land is.
“Sedert Vrydagaand het ons tussen 150 en 170 wedstryde gespeel. Ons het 'n mans A- en B-afdeling gehad, sowel as 'n vroue-afdeling. Dit was die meeste inskrywings wat ons nóg in 'n toernooi gehad het en dis 'n duidelike aanduiding van die groei van die sport in ons land.”
Van Rooyen het bygevoeg dat plaaslike organiseerders jaarliks sowat tien tot twaalf toernooie in die land aanbied, met die Namibiese Ope wat volgende in Windhoek voorlê.
Die voorste uitslae:
Mans A-afdeling: 1 Max Endjala, 2 Andrew Fourie, 3 Brandon Grane, 4 Le-Hugo van Rooyen, 5 Christof Knoetze.
Mans B-afdeling: 1 Andre Botha, 2 Ricardo Abrantes,3 Callie Geel, 4 JC Platt, 5 Brandon de Jager.
Vroue: 1 Charne Fourie, 2 Adri Lambert, 3 Chantel de Gouveia, 4 Belina Koekemoer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie