O.19-span sluit hul Wêreldbeker teen Skotland af
Krieket
Die Skotte het die opwarmwedstryd voor die toernooi volgens die DLS-metode gewen.
Namibië se Walvis Bay Salt Eagles sal bitter graag so goed as moontlik wil afsluit in hul laaste uitspeelwedstryd vir die finale posisie by die ICC Onder 19 Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika.
Afrigter Oscar Nauhaus se jongmanne speel vanoggend in Benoni teen Skotland, wat hul finale posisie in die onderste vier sal bepaal (13de tot 16de).
Afghanistan het gister reeds sy laaste uitspeelwedstryd in die onderste vier teen die VSA met paaltjies gewen (soveel balle oor), nadat hy die Amerikaners vir 148 uitgeboul het.
Namibië het voor hierdie toernooi hul eerste opwarmwedstryd op 10 Januarie in Pretoria teen die Skotte gespeel. Hoewel reën die wedstryd voortydig beëindig het, is Skotland met behulp van die DLS-metode as wenner aangewys.
Vir Namibië het Gerhard van Rensburg (36* van 33 balle) en JW Visagie (44* van 50 balle) ’n vennootskap van 78 opgebou en Alex Volschenk het 38 van 55 balle aangeteken toe hul kolfbeurt op 153/6 in 31 boulbeurte kortgeknip is.
Vroeër die dag het die naatbouler Zacheo van Vuuren vyf Skotse paaltjies geneem, as ’n voorskou van sy belowende vertonings in die Wêreldbeker, waar hy ook teen Sri Lanka vier paaltjies geneem het.
Hoewel hoë verwagtinge van die jong Namibiërs gekoester is, was die vlak van die Australiërs, Sri Lankane en Zimbabwiërs in Groep C vir hulle ’n wekroep.
Die skuif van Kimberley, waar hulle tot dusver gespeel het, na Benoni kan ’n wesenlike invloed op die vertonings vandag hê.
Teen alle verwagtinge in is Hanro Badenhorst, kolwer nommer 9, tans die span se beste presteerder met die kolf. Ná drie kolfbeurte het hy die meeste lopies (125), hoogste telling (39*) en die beste gemiddeld (61) nadat hy net een keer uitgehaal is.
Jack Brassell (vyf paaltjies), Zacheo van Vuuren (vier paaltjies) en Hansie de Villiers (drie) is tot dusver die giftigste Namibiese boulers.
SKOTLAND SE VERTONINGSLYS
1 Engeland (178/3 in 26.2 boulbeurte) klop Skotland (174) met 7 paaltjies.
2 Wes-Indië (206/5 in 31.5 bb) klop Skotland (205/9) met vyf paaltjies.
3 Suid-Afrika (273/3 in 27 bb) klop Suid-Afrika (269/9) met sewe paaltjies.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie