Olifante bied tuiskoms aan Allister
Rugby
Die 61-jarige gewese Springbokafrigter het in sy speeldae die Oostelike Provinsie verteenwoordig.
Allister Coetzee, ná sy vertrek uit Namibië, is Dinsdag as die Oostelike Provinsie Olifante se nuwe hoofafrigter bekendgestel en het die moeilike taak gekry om dié unie te laat herleef.
Coetzee het gesê hy het nie 'n towerstaf nie en harde werk lê voor indien die Olifante wil slaag in hul strewe om promosie na die Curriebeker-premierafdeling te verwerf.
Hy is die tweede voormalige Springbok-afrigter wat die leiding by die unie neem nadat Peter de Villiers in 2020 in die pos aangestel is.
George Malgas, waarnemende president van die OP, het gesê Coetzee het 'n kontrak van drie jaar onderteken met die oog daarop dat dit verleng kan word.
Coetzee vervang Dumisani Mhani, wat in 2021 aangestel is en wat vanjaar die OP na die Curriebeker Eersteliga-eindstryd teen Boland Kavaliers gelei het.
Coetzee het gesê hy wil graag sien dat meer groot rugby, insluitend toetswedstryde, by die Nelson Mandelabaai-stadion gespeel word.
“Ek is baie opgewonde om terug te wees in die Oostelike Provins. Dit sal nie maklik wees nie en ek kan nie net inkom en alles reg toor nie.
“Ons moet goed beplan en 'n proses volg en ek is seker die OP sal die voordele daaruit pluk. As jy net na hierdie stadion kyk, behoort ons regtig meer toetswedstryde te hê en groot rugby hier te sien, want die OP is ’n groot unie en dis wat die ingesteldheid moet wees.”
Gedurende sy speeldae as skrumskakel in die 1990's het Coetzee EP gespeel en aangevoer nadat hy ook SARU en die Junior Springbokke verteenwoordig het.
Coetzee, wat Namibië by die 2023 Wêreldbekertoernooi in Frankryk afgerig het, het ook die Stormers, Japanse klubs Kobelco Kobe Steelers en Yokohama Canon Eagles en Rovigo in Italië afgerig. Hy was die Springbokafrigter van 2016 tot 2018 totdat hy deur Rassie Erasmus vervang is.
Indien OP-rugby sy eertydse glorie wil herwin ná etlike jare op die laer vlak, moet hy voluit gaan om die SA Beker in 2025 te wen.
Om in die topvier te eindig,sal egter nie maklik wees nie, want die Olifante sal teen die Cheetahs, Pumas, Griekwas, Griffons, Grens Bulldogs, SWD Arende, Boland Kavaliers, Valke en Luiperds te staan kom.
Die Namibië Rugbyunie het Dinsdag vir Jacques Burger as sy direkteur van rugby en Chrysander Botha as nasionale spanhoofafrigter bekendgestel – albei poste wat tot nou deur Coetzee beklee was.
Die Namibiese Welwitschias het in die 2023 Mzansi-uitdaagreeks hul laaste tuiswedstryd teen die Olifante in Windhoek met 47-29 gewen (sewe drieë teen vier), met Botha en Coetzee wat beide in die afrigtersgroep betrokke was.
– Bygewerk van TimesLive.co.za (George Byron)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie