Ongos Valley bou stadion vir 30 000 mense

Infrastruktuur
Jemima Beukes
Ongos Valley, aan die noordwestelike buitewyke van die hoofstad, het die ontwikkeling van 'n omvattende sportdorpie en sportstadion aangekondig.

Die bekendstelling is bygewoon deur sportminister Agnes Tjongarero, haar adjunk Emma Kantema-Goamas, Laura Macleod-Katjirua (goewerneur van Khomasstreek) en George Simaata, sekretaris van die kabinet.

Reagon Graig, voorsitter van Ongos Valley, sê die rasionaal vir die belegging in sportinfrastruktuur spruit uit 'n diepgaande begrip van die veelvuldige voordele wat sport vir individue, gemeenskappe en die nasie as geheel kan inhou.

“Belegging in sportinfrastruktuur is noodsaaklik vir die bevordering van gemeenskapswelstand, die bevordering van nasionale trots en die bevordering van ekonomiese groei.”

Die hoofargitek van die projek, Brynard Kotze, sê die stadionontwikkeling sal Namibië se vermoë ten toon stel om moderniteit met tradisie te verbind.

“Die projek sal ons vermoë beklemtoon om projekte van wêreldklas aan te pak. Dis 'n verhoog vir die aanbieding van internasionale sport- en kultuurgeleenthede, die ontwikkeling van die boustene van ons jeug en toekoms," het hy gesê.

Die middelpunt van die sportdorpie sal die Ongos Valley sportstadium wees, wat ontwerp is om meer as 30 000 toeskouers te akkommodeer.

In ooreenstemming met die wêreldbeheerliggaam FIFA se tegniese standaarde, sal die stadion 'n moderne sokkerveld, 'n atletiekbaan met nege bane, asook vele fasiliteite om aan beide nasionale en internasionale vereistes te voldoen.

Tydens die bekendstelling is die Ongos Valley Stadium Ambassadors-program ook bekendgestel waarin voormalige en huidige nasionale sportsterre die Stadion Development-projek in verskeie hoedanighede sal verteenwoordig.

Ricardo Mannetti, sportdirekteur vir Ongos Valley, het die behoefte beklemtoon om die toewyding van voormalige en huidige sportsterre te vier om die toppunt van hul onderskeie sportsoorte te bereik.

Die eerste stel ambassadeurs wat vir die stadionprojek aangekondig is, was die uitgetrede wêreldkampioen- en Olimpiese naelloper Frank Fredericks, die sokkersterre Peter Shalulile, Lovisa Mulunga, Collin Benjamin, Sandro de Gouveia en Zenatha Coleman; huidige en voormalige Wêreldbeker-rugbyspelers Prince !Gaoseb en Uakazuwaka (Wacca) Kazombiaze, asook die gewese en huidige nasionale hokkiekapteins Magreth Mengo (wat tans voorsitter van die Namibiese Boksbeheerraad is) en DJ Strauss.

Tjongarero het beklemtoon dat die stadion- en sportdorpie-konsep nie net vir elite-atlete is nie.

“Hierdie is vir elke jong seun en meisie wat daarvan droom om Namibië op die wêreldverhoog te verteenwoordig,” het Macleod-Katjirua afgesluit. Sy het 'n opregte dankbetuiging gerig aan die ontwikkelaars en professionele konsultante wat by die ontwikkeling van die konsep betrokke is.

? [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford English Championship: Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A