Opwindende T20-reeks om die draai

Krieket
Tielman Van Lill
Die eerste bal in Krieket Namibië se T20 Castle Lite-konsessiereeks sal komende Vrydagoggend by die Unitedveld in Olympia geboul word.

Die toernooi oor twee naweke en ses speeldae met twaalf aksiebelaaide botsings beloof om die beste plaaslike T20-krieket voor te sit.

Vier saamgestelde spanne naamlik die Green Windhoek Jets, N/a’ankusê Lions, Fish River Eagles en Etosha Wildcats sal mekaar vir die titel pak.

Die spanne met dertien spelers elk, is sover moontlik in eweredige sterkte gekies uit senior nasionale spelers vir die Richelieu Eagles, huidige en gewese nasionale onder 19-spelers, premierliga-klubspelers en opkomende sterre uit laer ligas wat wil wys dat hulle in senior geselskap kan saam praat.

Die wedstrydgroepe wat Vrydag by die “veiling” van spelers saamgestel is:

Green Windhoek Jets: Gerhard Erasmus, Zane Green, Dylan Leicher, Jan-Izak de Villiers, Karl Birkenstock, PD Blignaut, Fungai Hlupo, Hanro Badenhorst, Janko Engelbrecht, Ramon Wilmot, Mauritius Nugupita, Tawanda Sithole en Henre Opperman.

Fish River Eagles: Malan Kruger, JP Kotzé, Zhivago Groenewald, JC Balt, Handré Klazinga, Waldo Smith, Simon Shikongo, Ado Iita, Junior Kariata, Henry Grant, Tatenda Sithole, Malan Morkel en Abner Sesiso.

Etosha Wildcats: Bernard Scholtz, Ben Shikongo, Niko Davin, Nyasha Nyasha, Ryan Moffett, Max Heingo, Zacheo Janse van Vuuren, Adriaan Coetzee, Ettienne Beukes, Joshuan Julius, Steph Fourie, Dian Neethling en Danie van Schoor.

N/a’ankusê Lions: Tangeni Lungameni, Jack Brassell, JJ Smit, Shaun Fouché, Gerhard Janse van Rensburg, Erik Lintvelt, Francois du Plessis, Lo-han Louwrens, Michael Müller, Samson Chivi, Niko Pieters, Luca Micillo en Douglas Truter.

Sover weglatings betref, is dit ietwat vreemd dat geen span ‘n plek vir iemand soos Trustco United se jong Markus van Heerden kon vind nie.

Die aksiespyskaart vir die volgende twee naweke

Vrydag 15 November 09:00 Green Windhoek Jets teen N/a’ankusê Lions. 14:00 Fish River Eagles tn Etosha Wildcats.

Saterdag 16 Nov. 09:00 N/a’ankusê Lions tn Etosha Wildcats. 14:00 Green Windhoek Jets tn Fish River Eagles.

Sondag 17 Nov. 09:00 Green Windhoek Jets tn Etosha Wildcats. 14:00 N/a’ankusê Lions tn Fish River Eagles.

Vrydag 22 Nov. 09:00 Fish River Eagles tn Etosha Wildcats. 14:00 Green Windhoek Jets tn N/a’ankusê Lions.

Saterdag 23 Nov. 09:00 Green Windhoek Jets tn Fish River Eagles. 14:00 N/a’ankusê Lions tn Etosha Wildcats.

Sondag 24 Nov. 09:00 N/a’ankusê Lions tn Fish River Eagles. 14:00 Green Windhoek Jets tn Etosha Wildcats.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!