Otjihavera Experience lewer uitdaging soos min

Bergfietsry
Die gesogte kompetisie vir spanne van twee bly immergewild.
Tielman Van Lill
Drikus Coetzee en Ingram Cuff (Davin Trust/Hollard) het gister die topafdeling van die FNB Otjihavera Experience by Midgard gewen, terwyl Anri Greeff en Adrian Key (Hollard) die afdeling vir gemengde spanne opgeraap het.

Coetzee en Cuff het beide gesê die roete was veral gister ‘n taai uitdaging. Dit stem ook ooreen met die mening van Greeff en Key wat ongeveer twaalf minute ná Coetzee en Cuff oor die eindstreep gery het.

Gino Chiappini het moontlik sy regterarm in ‘n nare val gebreek, maar hy het nogtans die wedren voltooi. Chiappini en sy Cymot-spanmaat, Jan Louis Mostert, het Saterdag verdwaal en 35 kilometer ekstra gery.

Gister was Konrad Marais en Michiel Greeff in dieselfde bootjie as Chiappini en Mostert toe hulle ook die roete byster geraak het. Die duo het egter geen ekstra kilometers getrap nie, maar het 20 km te min gery.

Volgens die uitslae is Saterdag se tye in geheel deur die organiseerders nietig verklaar en die tye van die proloog en die Sondagskof is gebruik om die wenners te bepaal.

In geheel was die gewilde driedaagse toer nietemin ‘n reusesukses. Ryers het deur die bank gesê hulle is volgende jaar terug vir die twintigste FNB Otjihavera Experience by Midgard.

Die voorste uitslae:

E-fietse: 1 Wilmien Chamberlain en Ananias Ananias (3 ure 17 minute 35 sekondes).



Manspanne (gekombineerde ouderdom van 70 en minder)

1 Michael Falk/Justus Beulker (3:28:08), 2 JG van der Westhuizen/Heinrich Köhne (3:38:51), 3 André Cornelissen/Ruan Gous (3:39:38).



Manspanne (71-95 jaar)

1 Drikus Coetzee/Ingarm Cuff (3:13:42), 2 Petrus Human/Vernon Maresch (3:24:15), 3 Pierre Lambert/Frank Klosta (3:38:42).



Manspanne (96 jaar en ouer)

1 Frank Snyman/Ian Grassow (3:37:32), 2 Andy Chase/Stephen Chase (4:03:37), 3 Nabil Robiati/Stefan Schuyling van Doorn (4:07:35).



Vrouespanne (ope)

1 Monique Schmid/Luanne van der Schyff (4:37:07), 2 Sonja Obholzer/Mara van Wyk (4:43:48), 3 Celeste van Tonder/Suretha Laker (5:37:02).



Gemengde spanne (ope)

1 Anri Greeff/Adrian Key (3:35:01). 2 Jaques Hanekom/Michelle Doman (3:36:49), 3 Belinda van Rhyn/Greg Chase (3:36:49).



Ope (half-marathon)

1 André Snyman/Uwe Trümper (0:40:36), 2 Nadine Gerber/Hans Hashagen (0:43:58), 3 Freddy van Zyl/Mimi Hough (0:47:23).



Seunspanne (25-35 jaar)

1 Christiaan van der Westhuizen/Marco Thiel (2:43:02), 2 Micah Chase/Nathan Chase (2:48:14), 3 Mike Baartman/Theodor Janse van Vuuren (2:53:31).



Meisiespanne (25-35 jaar)

1 Cari van der Westhuizen/Joadri de Beer (4:09:32).



Gemengde meisies en seuns (25-35 jaar)

1 Matti Lukaschik/Rosemarie Thiel (3:08:46).



Seuns (24 en minder)

1 Harry Kibble/Arthur Allain (1:46:51), 2 Hendrik Baartman/JP Lambert (1:53:37), 3 Connor Roebuck/Sion Liebenberg (1:59:58).



Meisies (24 en minder)

1 Ilse-Monique van Zyl/Linn Lambert (1:37:04), 2 Mienke de Beer/Miané Samuelson (3:13:02).



Gemengde meisies en seuns (24 en minder)

1 Cody Heigan/Qara Volschenk (1:47:11), 2 Lilian Kibble/Archie van der Merwe (1:49:05), 3 Kiana Brand/Luca Samuelson (2:27:44).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!