No Image Caption

Rössmund hou uitdun in parespel

Gholf
‘n Veld van 30 spelers het laas Saterdag in perfekte weer op die setperke van die Rössmund-gholfbaan by Swakopmund in die klub se tweede kwalifiserende toernooi vir die 2025 King Price Internasionale Parespel meegeding. Die formaat vir die dag was beterbal stableford. Die wenspan vir die dag was Pine van Wyk en sy seun Benjamin met 42 punte. Tweede was nóg ‘n pa-en-seun-kombinasie, Fritz en Fritz Coetzee wat met 41 punte die uittel teen Justine Shikulo en Helmut Ndjendja gewen het. Rössmund-klub sê geluk aan die kwalifiserende paar wat deurdring na die nasionale eindrondte wat later vanjaar in Windhoek voorlê. Die klublede se volgende geleentheid vir kwalifisering is vir 10 Mei geskeduleer. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer