Russell klim die leer by Zwartkops
Motorsport
Die agtjarige Windhoekse knortjor-jaer Russell Josephat het opnuut sy slag gewys toe hy laas Saterdag ‘n goeie derde posisie in die Rotax Max-resies by die Rand Kart-klub se Zwartkops-renbaan in Johannesburg behaal het.
Josephat, met die resiesnommer RJ63, het met 92 punte die RSA se ryers opgedreun met die uitsondering van die wenner Venter Ronald (105 punte) en Reddy Raidyn (tweede met 94).
Josephat was verlede jaar die Namibiese kampioen in die Bambino-klas (ouderdom vyf tot nege jaar), maar het nou na die Micromax-klas (ouderdom 8 tot 12 jaar) opgeskuif.
Sy pa JP sê die besoek aan Suid-Afrika was ‘n waardevolle ondervinding.
“Russell het in die tweede uitdun ‘n klein foutjie begaan, wat hom derde laat eindig het nadat hy in die tweede posisie was. Ons sal nou terugkeer na die oefenbaan en aanhou verbeter.”
Die jong Namibiese talent is ook opgewonde oor die vooruitsigte nadat hy onlangs by die Stretto-wedrenspan onder leiding van Wesley Peterson aangesluit het.
Russell sê hy het in die tweede uitdun tyd verloor toe hy getol het, “maar ek is bly ek kon steeds derde klaarmaak. Die hele naweek was baie pret en die nuwe span is die beste wat ek nog gesien het.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie