Senutergende semifinale wag, sonder die Aussies

Krieket
Australië, die heersende wêreldkampioen in toets- en eendagkrieket, se verstommende uitskakeling het ten gunste van 'n historiese hoogtepunt vir Afghanistan verloop.
Tielman Van Lill
Die Suid-Afrikaanse krieketspan sal môreoggend halfdrie (Namibiese tyd) by die Brian Lara-stadion in Tarouba, Trinidad en Tobago, vir die eerste semifinaal van die T20-Wêreldbeker teen Afghanistan op die veld stap.

Die tweede semifinaal is môre vanaf 16:30 by die Guyana Nasionale Stadion in Guyana tussen Indië en Engeland.

Engeland het twee jaar gelede vir Indië in ‘n eensydige T20-Wêreldbekerfinaal in Adelaide, Australië, met tien paaltjies oordonder. Môre is Indië se geleentheid om hierdie sakie reg te stel.

Hoewel die Aussies al hul vier botsings in Groep B gewen het en Engeland net twee in dieselfde groep, is die bordjies tydens die Super 8-fase verhang. Engeland het twee uit drie Super 8- kragmetings ingepalm.

Op sy beurt het Australië teen Afghanistan en Indië verloor, met die uiteinde dat hul enkele sege teen Bangladesj nie hul basse kon red nie.

Indië het beslis hul nederlaag verlede jaar teen Australië tydens die finaal van die Eendagwêreldbeker in die agterkop gehou en het die Aussies dié keer in hul Super 8-wedstryd met 24 lopies oordonder.

Nadat Australië vir Bangladesj in die Super 8 oorrompel het, het hulle eers teen Afghanistan met 21 lopies die knie gebuig en hierna het Indië se kaptein Rohit Sharma met ‘n verwoestende 92 van 41 balle die growwe sout in die Aussie-wonde gevryf.

Sharma se skouspelagtige oes van 29 lopies in die derde boulbeurt (6 6 4 6 0 wydloper 6) van Mitchell Starc was die duurste boulbeurt in die Aussie-snelbouler se ganse T20I-loopbaan.

Al wat Afghanistan nog moes doen, was om Bangladesj in hul laaste Super 8-kragmeting te klop om ten koste van Australië te kwalifiseer.

Australië se spesiale droom om tegelykertyd die konings van toets-, eendag- en T20-krieket te word, is dus gekelder.

Hul gedugte aanvangskolwer David Warner het ná die antiklimaks ook op 37-jarige leeftyd sy uittrede ná ‘n hoogs suksesvolle internasionale loopbaan van 15 jaar aangekondig.



Die Proteas

Suid-Afrika het ‘n welbekende hartseer geskiedenis by krieketwêreldbekers. Die feit dat die Proteas tot dusver al sewe hul kragmeting by die T20-Wêreldbeker gewen het het, sal môre nie ‘n rol teen Afghanistan speel nie.

Die Afghane het vyf wedstryde by hierdie WB gewen en twee verloor.

Die Proteas het met die 2023 Eendagwêreldbeker in Indië ook uitstekend gevaar, maar het stoom verloor en teen Australië in die semifinaal met drie paaltjies die knie gebuig. Indië het toe vir Nieu-Seeland in die ander semifinaal met 70 lopies oordonder.

Afghanistan beskik beslis oor genoeg talent en ammunisie om die Proteas te sink. Veral as Suid-Afrika onder druk geplaas word begin die Protea-wa se wiele afval. Tydens hierdie T20-Wêreldbeker het Aiden Markram se span wel gewys dat hulle druk kan hanteer, maar ‘n semifinaal is ‘n ongenaakbare maak-of-breek situasie wat geen tweede kans bied nie.

Engeland, die verdedigende T20-wêreldkampioen, is weens hul onlangse wisselvallige vertonings straks die buiteperd teen Indië. Maar die vraag is of Indië in die semifinaal opnuut op al sy silinders kan loop.

Indië het ses uit sewe wedstryde by die toernooi oorheers, terwyl een teen Kanada uitgereën het. Hul spelpeil is uit die boonste rakke en hul wedstrydwenners lyk almal gevaarlik.

Hierteenoor kon Engeland twee Groep B-wedstryde teen Namibië en Oman wen en het teen Australië verloor. Hul uitstappie in dié groep teen die Skotte is halfpad weens reën gekanselleer.

Tydens die Super-8 het Engeland ‘n spannende stryd teen die Proteas met agt lopies verloor, terwyl hulle die Windies en die VSA oortref het.



Gebeurlikheidsplan

In die semifinale en die finaal, moet beide spanne ‘n minimum van 10 boulbeurte kolf om as ‘n volwaardige wedstryd ‘n uitslag te kan lewer. Hierdie reëling kan betekenisvol wees aangesien reën by albei velde voorspel was.

Voorsiening is met ‘n bykomende 250 minute vir die semifinale gemaak, wat ‘n reserwedag vir Afghanistan en die Proteas insluit. Met net een dag tussen die tweede semifinaal en die eindstryd, is geen reserwedag vir Engeland teen Indië beplan nie.

Indien geen uitslag by een of beide semifinale bepaal kan word nie, sal Indië en Suid-Afrika as die toptwee Super 8-spanne tot die finaal vorder.

As die finaal weens weesomstandigheder afgelas word, sal die twee finaliste as gesamentlike wenners aangewys word.

Die eindstryd is vir 16:30 op 29 Junie by die Kensington-ovaal in Bridgetown, Barbados geskeduleer.

Kommentaar

Republikein 2024-07-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby World Cup U20: Wales U20 34 vs 41 New Zealand U20 | South Africa U20 57 vs 7 Fiji U20 | Australia U20 35 vs 11 Georgia U20 | Ireland U20 55 vs 15 Italy U20 | England U20 40 vs 21 Argentina U20 | France U20 49 vs 12 Spain U20 Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 12° | 32° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 30° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 9° | 27° Omaruru: 10° | 27° Windhoek: 8° | 23° Gobabis: 7° | 26° Henties Bay: 12° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:43, High tide: 12:03, Low Tide: 17:51, High tide: 00:21 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:41, High tide: 12:01, Low Tide: 17:49, High tide: 00:19 Walvis Bay: 12° | 21° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:49, High tide: 00:18 Rehoboth: 5° | 25° Mariental: 6° | 22° Keetmanshoop: 7° | 21° Aranos: 6° | 24° Lüderitz: 11° | 21° Ariamsvlei: 8° | 20° Oranjemund: 11° | 20° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 10° | 24° Lubumbashi: 12° | 28° Mbabane: 10° | 22° Maseru: 5° | 18° Antananarivo: 9° | 22° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 16° | 26° Windhoek: 8° | 23° Cape Town: 11° | 16° Durban: 15° | 25° Johannesburg: 11° | 18° Dar es Salaam: 22° | 31° Lusaka: 14° | 26° Harare: 11° | 23° Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.37 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.24 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 860.33 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 48.25 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1469.69 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 23.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1796.12 Down -0.09% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13303.38 Up +0.02% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27969.59 Up +0.73% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.86/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.42/lb UP +0.87% | Zinc US$ 2 935.80/T DOWN -0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.27/BBP UP +1.64% | Platinum US$ 977.81/OZ DOWN -0.0153 Sport results: Rugby World Cup U20: Wales U20 34 vs 41 New Zealand U20 | South Africa U20 57 vs 7 Fiji U20 | Australia U20 35 vs 11 Georgia U20 | Ireland U20 55 vs 15 Italy U20 | England U20 40 vs 21 Argentina U20 | France U20 49 vs 12 Spain U20 Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 12° | 32° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 30° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 9° | 27° Omaruru: 10° | 27° Windhoek: 8° | 23° Gobabis: 7° | 26° Henties Bay: 12° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:43, High tide: 12:03, Low Tide: 17:51, High tide: 00:21 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:41, High tide: 12:01, Low Tide: 17:49, High tide: 00:19 Walvis Bay: 12° | 21° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:49, High tide: 00:18 Rehoboth: 5° | 25° Mariental: 6° | 22° Keetmanshoop: 7° | 21° Aranos: 6° | 24° Lüderitz: 11° | 21° Ariamsvlei: 8° | 20° Oranjemund: 11° | 20° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 10° | 24° Lubumbashi: 12° | 28° Mbabane: 10° | 22° Maseru: 5° | 18° Antananarivo: 9° | 22° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 16° | 26° Windhoek: 8° | 23° Cape Town: 11° | 16° Durban: 15° | 25° Johannesburg: 11° | 18° Dar es Salaam: 22° | 31° Lusaka: 14° | 26° Harare: 11° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.37 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.24 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 860.33 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 48.25 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1469.69 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 23.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1796.12 Down -0.09% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13303.38 Up +0.02% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27969.59 Up +0.73% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.86/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.42/lb UP +0.87% | Zinc US$ 2 935.80/T DOWN -0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.27/BBP UP +1.64% | Platinum US$ 977.81/OZ DOWN -0.0153