Seun van Olimpiese kampioen verbeter oudste bestaande rekord
Atletiek
Die oudste bestaande rekord in mansatletiek het in die slag gebly.
Mykolas Alekna (21) van Lithaue het die diskusgooirekord, wat al bykans 38 jaar staan, Sondag op ’n byeenkoms in Ramona, Oklahoma, verbeter.
Hy het met ’n gooi van 74,35 m verbeter op Jürgen Schult se gooi van 74,08 m in Junie 1986 in die kleure van Oos-Duitsland.
Alekna het ’n silwermedalje in die Wêreldkampioenskap van 2022 gewen, wat hy met brons opgevolg het in verlede jaar se Wêreldkampioenskap.
Hy het die rekord met sy vyfde gooi verbeter. Met sy eerste gooi het hy reeds gewys hy is oorgehaal vir groot dinge toe die diskus 72,21 m ver grondgevat het. Gooie van 70,32, 72,89 en 70,51 het gevolg voor sy groot gooi.
Alekna volg met hierdie poging in die voetspore van sy pa. Hy is die seun van die dubbele Olimpiese diskusgooi-kampioen Virgilijus Alekna, wat in 2000 en 2004 goud gewen het.
– Netwerk24, AFP, worldathletics.org

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie