Die topdrie vrouehardlopers. Van links is Helalia Johannes (tweede), Alina Armas (derde) en Martha Shivolo (wenner). Foto verskaf
Die topdrie vrouehardlopers. Van links is Helalia Johannes (tweede), Alina Armas (derde) en Martha Shivolo (wenner). Foto verskaf

Shivolo rek haar treë en klop twee Olimpiërs

Padwedlope
Die tweede weergawe van die Spar-padwedloop het nie teleurgestel nie.
Tielman Van Lill
Die Spar 10 kilometer-vrouewedloop is Saterdag in Pionierspark ondanks gedugte teenstand deur Martha Shivolo van die Namibiese Korrektiewe Dienste in 34 minute 39.56 sekondes opgeraap.

Dit was die wedloop se tweede jaarlikse aanbieding ná die eerste instelling verlede jaar. Alina Armas van die Namibiese weermag het toe die titel gewen.

Die deurwinterde veterane Armas en Helalia Johannes – met onderskeidelik een en vier Olimpiese Speles agter hul name – was tweede en derde in 34:45.20 en 35:23.00.

Lavinia Haitope het vierde met 36:16.68 op die stophorlosie oor die eindstreep gedraf. Johannes is die vinnigste Namibiese vrou in padwedlope met die rekord van 30:59 agter haar naam.

Risa Dreyer, gerekende Comrades- en ultra-atleet, het weer besluit om haar drafskoene vas te knoop en sy in 39:40.18 sewende geëindig.

Die eerste man oor die eindstreep was Martin Kalwenya in die algehele vyfde posisie in ‘n tyd van 37:07.61, gevolg deur Heinrich Muvitjikalepo (48:35.22) in die dertiende plek en Johannes Jeremia (50:10.55) sestiende.

Die kompetisie was goed ondersteun met 192 vroue en mans wat die 10 km gehardloop het. ‘n 5 km-afdeling was vir die minder ernstige hardlopers beskikbaar. Ongeveer 1 000 atlete het in totaal deelgeneem.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!