Smit, Scholtz blink in verloorwedstryd
Krieket
DIe algehele reeksvoorloper, die VSA, het Namibië met redelike gemak geklop.
JJ Smit en Bernard Scholtz het Saterdag in Oman as boulers sewe slagoffers tussen hulle vir die Richelieu Eagles opgelewer.
Hoewel Smit vier paalties vir 46 lopies in nege boulbeurte geneem het en Scholtz 3/47 in 9, het die VSA steeds gemaklik met 114 lopies gewen.
Die VSA het 293 lopies vir 8 paaltjies in 43 boulbeurte aangeteken, voor hulle die Eagles tot 179 almal uit in 40.2 beperk het.
Die eerste internasionale eendagwedstryd (ODI) van die 2025 Krieketwêreldbeker Liga 2-reeks (2024 tot 2027) se huidige driehoekige mini-toernooi tussen Namibië en die VSA in Al Amerat, is weens onvoorsiene logistieke probleme tot 43 boulbeurte verkort.
Die wenners se totaal 293 was grootliks aan aanvangskolwer Andries Gous, Monank Patel op drie, Milind Kumar op vyf (speler van die wedstryd) en Saiteja Mukkamalla op vier te danke.
Dié viertal het 226 lopies in 34 boulbeurte en vier aflewerings teen ‘n kolftempo van 108.6 persent bewerkstellig.
Die vyftigtalle deur Gous (76 van 83 balle, 4x4, 3x6, geboul Smit), Patel (65 van 60 b, 8x4, 1x6, geboul Nicol Loftie-Eaton, gevang Ben Shikongo) en Kumar (54 van 34 b, 6x4, 2x6, geboul Scholtz, gevang JP Kotzé) asook Mukkamalla se 31 van 31 b (4x4, geboul Smit, gevang Gerhard Erasmus) was eenvoudig briljant.
Ruben Trumpelmann is teen 8.12 per boulbeurt gestraf, terwyl Shikongo (10 per boulbeurt), Shaun Fouché (8.5) en Erasmus (10) ook deur die VSA-kolwers bygekom is.
Loftie-Eaton (1/37 in 7 bb; 5.28 per boulbeurt) het saam met Smit (5.11) en Scholtz (5.22) gesorg dat die VSA nie ‘n groter telling behaal nie.
Kwesbaar
Die VSA-boulers het die dunnerige kolforde van die Eagles met gemak ontbloot.
Kumar (4/48 in 9, ekon. 5.33) was die grootste doring in die Eagles-kolwers se vlees. Hy is goed ondersteun deur Harmeet Singh (2/35 in 9, ekon. 3.88), Nosthush Kenjige (1/27 in 9, ekon. 3), Saurabh Netravalkar (1/20 in 5, ekon, 4), Sanjay Krishnamurthi (1/12 in 2.2, ekon. 5.14) en Shadley van Schalkwyk (1/33 in 6, ekon. 5.5).
Namibië se topvyf kolwers kon net 84 lopies van 130 aflewerings (21 boulbeurte en 4 balle) teen 64.61% aanteken. As dit nie vir Malan Kruger se 32 (44 b, 1x4, 2x6) was nie, sou hul telling selfs nog laer gewees het.
Namibie se laaste ses kolwers het 85 lopies van 113 balle (18 boulbeurte en 5 balle) teen 75.22% versamel. Hulle is volgens kolforde Smit (15), Loftie-Eaton (10), Trumpelmann (21), Fouché (22), Scholtz (16) en Shikongo (1*).
Grenshoue: VSA 31 (25x4, 10x6), Namibië 13 (8x4, 5x6).
Ekstras afgestaan: VSA 10, Namibië 5.
Namibië se volgende wedstryd is vandag wanneer hulle Oman vir die eerste keer in 2025 in Al Amerat pak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie