Spelersgroep vir o.13 Cravenweek aangekondig

Skolerugby
Namibiese laerskolerugby se twee uitsoekgroepe vir 2025 berei voor om in Suid-Afrika te gaan meeding.
Andrew Poolman
Die Namibiese Laerskole-rugbyvereniging het onlangs sy onder 13- en o.12-spanne vir komende toernooie in Suid-Afrika bevestig.

Die voorsitter van Namibiese laerskolerugby, mnr. Mauritz Thirion, sê ‘n suksesvolle stel proewe is onlangs afgehandel.

Die Namibiese span sal aan die einde van Junie in die Onder 13 Cravenweektoernooi in Oos-Londen gaan speel.

Terselfdertyd is soos tevore ook o.12-proewe gehou om ‘n spelersgroep saam te stel, vir wie twee toere beplan word – eers na Klerksdorp (datums sal bevestig word) en in September na Riversdale in die Wes-Kaap.

“Ons het besluit om die proewe ‘n bietjie vroeër as gewoonlik te reël, sodat die aangewese groep langer tyd het om voor te berei. Die o.12-toere dien ook om hierdie groep bloot te stel aan Suid-Afrikaanse provinsiale kompetisie, sodat dit nie so ‘n groot onbekende stap is wanneer hulle die volgende jaar in die Cravenweek gaan speel nie,” sê Thirion.

“Ons is tevrede dat ons goeie proewe gesien het en daar was min klagtes oor die spankeuses.”

Die Namibiese o.13-span is soos volg gekies:

1 Natangwe Shapumba (Windhoek Gimnasium

2 Gert Burger (Windhoek Gimnasium

3 Benjamin Coetzee (Windhoek Gimnasium)

4 Henco Fourie (Windhoek Gimnasium)

5 Michael Mackenzie (Windhoek Affies)

6 Mc-Hendry Pieters (Roots Gimnasium)

7 Michael Swart (Windhoek Affies)

8 Vitjitua Uapingene (Windhoek Gimnasium)

9 Francois Siepker (Windhoek Affies)

10 Federico Gaoab (Roots Gimnasium)

11 Dehan Rover (Windhoek Affies)

12 Liam van Rooyen (Windhoek Gimnasium)

13 Lafrens Engelbrecht (Roots Gimnasium)

14 Charley Mayova (Wilhelm Nortier PS)

15 Gillmer Horn Windhoek Affies)

Reserwes: 16 Ehan Kruger (Roots Gimnasium)

17 Joshua Isaacs (Roots Gimnasium), 18 Juan Louw Pionierspark PS)

19 Chinelo Körner (St. Joseph’s PS, Rehoboth), 20 Gently Tjiveza (Wilhelm Nortier PS, Grootfontein), 21 Emil Gresse (Windhoek Gimnasium), 22 Chad van Wyk(Windhoek Gimnasium), 23 Omar van Wyk (Roots Gimnasium)

Hoofafrigter: Brian Titus (St. Joseph’s PS); hulpafrigter: JT Basson (Windhoek Gimnasium); spanbestuurder: Ernest Groenewald (Orban PS).

• Die Namibiese o.12-groep (geen skole aangedui nie):

1 Heino Hamman, 2 Barth Jacobs, 3 Noah Isaakz, 4 Stefan Strydom, 5 Adriano Olivier, 6 Arno Polster, 7 Jeanne Louis van der Merwe, 8 Philip Meyer, 9 Deacon van Rooi, 10 Jean-Daniel van Rooyen, 11 Roald Scott, 12 Luka Janse van Rensburg, 13 Jonathan Humphries, 14 Raylen Cloete, 15 Marquine Beukes.

Reserwes: 16 Fernando Cloete, 17 Luka Janse van Vuuren, 18 Malan Coetzee, 19 Utaara Uandara, 20 Joshua Groenewald, 21 Daniel Muller, 22 Melvin Maclobo, 23 Candrique de Klerk.

Die afrigter- en bestuurspan vir die o.12's is nog nie bekend gemaak nie.

Kommentaar

Republikein 2025-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer