Steenkamp en Van den Bergh bly voor in die koor

Rolbal
Tielman Van Lill
Die eindstryde van die Namibië Rolbalvereniging (NBA) en hoofborg King Price se weeklange nasionale kampioenskap is Saterdag by die Eros-rolbalklub met titaniese mededinging beslis.

Marietjie van den Bergh het haar enkelspeltitel vir die derde jaar agtereenvolgens suksesvol verdedig toe sy Michelle Vermeulen met 20 skote teen tien uitoorlê het. Vermeulen was die verrassing van die kampioenskap wat deurgaans puik gespeel het.

Kat Steenkamp was die verdedigende enkelspelkampioen van 2023. Hy het opnuut sy slag teen die 60-jarige meester Julian Viljoen gewys toe hy goud met 21 skote teen elf opgeraap het. Viljoen het sestien jaar laas rolbal gespeel voor hy 18 maande gelede besluit het om weer sy toetrede tot die wonderlik toeganklike sport te maak.

‘n Beskeie Van den Bergh het aan Sport Wrap gesê: “Ek is bly om te sien daar is jonger spelers wat besig is om hul stempel af te druk. Hulle is nie net daar om deel te neem nie, maar is kompeterend. Ek moes in elke wedstryd veg om te wen en my titel te behou.

“In die enkelspelfinaal teen Michelle was dit beslis my jarelange ondervinding wat my beste bate was om opnuut die titel te wen.

“Ek wil graag King Price vir hul borgskap bedank. Ons het vir ‘n hele ruk nie ‘n borg gehad nie en waardeer dat King Price ons rolbal ondersteun.”

Die manswenner Steenkamp het gesê: “Die finaal was nie maklik nie. Julian is ‘n gesoute speler. Dit was ‘n goeie wedstryd en baie kompeterend. Ek is verlig dat ek weer die titel kon wen.”

Soos met ‘n krieketkolfblad het die grasoppervlak van elke rolbalbaan sy eie nukke en grille namate die dag vorder.

Steenkamp sê: “Die weer het die afgelope agt dae ‘n redelike invloed op ons spel gehad. In die oggende is die baan fermer en die balle rol vinniger en in die middag is die baan stadiger en laatnamiddag verander die temperatuur opnuut. So, jy moet baie oplettend wees en aanpas.

“Baie dankie aan die personeel wat die bane goed voorberei het. Ek moet my vrou en kinders en goeie vriend Axel (Krahenbuhl) en ander spelers vir hul ondersteuning gedurende die week bedank. Baie dankie aan King Price wat ons ondersteun en die kampioenskap moontlik gemaak het.

“Dis nie maklik om 'n week verlof van die werk te neem nie. Maar rolbal is vir almal. Rolbal diskrimineer nie teen ras, ouderdom en mense met liggaamlike gebreke nie. Almal is welkom by die wonderlike sport wat in goeie gees en sportmanskap gespeel word.”

Viljoen sê behalwe dat Steenkamp ‘n uitsonderlike speler is, het Steenkamp die baan beter gelees en vinniger by omstandighede aangepas.

“Kyk, Kat is goed, hy was my een voor met die lees van die baan en daar het hy my geklop. Ek het 16 jaar laas gespeel, maar ek het toe besluit om my terugkeer te maak. As ‘n man eers hier by die sestigs is, wil die lyf ná ‘n paar dae se spel nie meer so lekker saamwerk nie, maar ons ouer garde het die jeug gewys dis nie sommer net vir opdaag en kom vat nie.”

Uitslae van Saterdag se finale:

Enkelspel vroue: Goud Marietjie van den Bergh. Silwer Michelle Vermeulen.

Enkelspel mans: Goud Kat Steenkamp. Silwer Julian Viljoen.

Parespel vroue: Goud Marietjie van den Berg en Petro Breedt. Silwer Truda Meaden en Maureen Stadler.

Parespel mans: Goud Waylon Wentzel en Freddie Fouché. Silwer Schalk van Wyk en Claude Thornburn.

Gemengde dubbelspel: Kat Steenkamp en Anjuleen Viljoen. Silwer Waylon Wentzel en Marinda Bezuidenhout.

Driespel vroue: Goud Marietjie van den Bergh, Susan Venter en Petro Breedt. Silwer Anjuleen Viljoen, Michelle Vermeulen en Amanda Steenkamp.

Driespel mans: Goud Schalk van Wyk, Julian Viljoen en Gordon Damster. Silwer Colin Peake, Christo de Beer en Dirk Breedt.

Vierspel vroue: Goud Marietjie van den Bergh, Susan Venter, Petro Breedt en Peta-Anne Basford. Silwer Lesley Vermeulen, Annette Scholtz, Marinda Bezuidenhout en Valdi Wentzel.

Vierspel mans: Goud Schalk van Wyk, Julian Viljoen, Gordon Damster en Dave Gibbons. Silwer Johan Jacobs, Colin Peake, Piet du Plooy en Ewald Vermeulen.



Nuwe topbestuur

Die NBA het sy nuwe komitee vir die volgende termyn aangewys. Hulle is Anjuleen Viljoen (president), Diana Viljoen (visepresident), Lesley Vermeulen (spelersverteenwoordiger), Michelle Crawford (sekretaris en mediabeampte), Waylon Wentzel (tesourier) en Colin Peake (kompetisie-sekretaris).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.25 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 583.37/OZ UP +0.94% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 932.80/T UP 0.89% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP UP +2.59% | Platinum US$ 986.27/OZ UP +1.93% Sport results: LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.25 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 583.37/OZ UP +0.94% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 932.80/T UP 0.89% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP UP +2.59% | Platinum US$ 986.27/OZ UP +1.93%