T20 Wêreldbeker: Is die Eagles gereed?

Krieket
Die ideale versnelling vanaf 'n stewige grondslag is die droom waarna elke kolfspan streef.
Tielman Van Lill
Namibië se Richelieu Eagles het sedert 24 Oktober 2023 veertien internasionale T20-wedstryde (T20i’s) teen gerekende teenstand gespeel, waarvan hulle agt gewen het.

Dit gee die Eagles ‘n wenkoers van net meer as 57 persent vir dié periode.

Die Eagles het vier van hul ses botsings teen Zimbabwe in Windhoek gewen. In Februarie en Maart 2024 is een teen Nepal in Nepal gewen en een verloor, terwyl hulle die knie ook daar teen Nederland moes buig. Een kragmeting tussen Nederland en Namibië moes weens reën sonder ‘n uitslag afgelas word.

Tydens hul pas afgelope toer na Oman in April 2024 behaal die Eagles sukses in drie van hul vyf wedstryde teen die gasheerspan, wat in dieselfde groep as Namibië by die T20-Wêreldbeker (WB) geplaas is. Dié onlangse uitslag sal die Namibiërs se selfvertroue beslis ‘n hupstoot vir die WB in Juniemaand in Wes-Indië gee.

Namibië se huidige sukseskoers in die eerste en tweede kolfbeurt trek die skaal gelyk op vier seges na elk beurt. Hulle het drie keer elk in die eerste en tweede kolfbeurt die knie gebuig.

Die Eagles teken ‘n totaal van 2 140 lopies in die 14 T20i’s teen gemiddeld 152.85 per wedstryd aan. Hul teenstanders behaal 2 096 teen 149.71.

Interessant genoeg het Namibië in hul sewe eerste kolfbeurte 1 120 teen gemiddeld 160 versamel en wanneer hulle tweede gekolf het 1 020 teen 145.71 op die telbord geplaas.

Namibië kon slegs in twee botsings die magiese 200-lopiemerk teen Nepal (206) en Oman (212) verbysteek. Tellings van 198 en 188 was die volgende hoogste.

Die algemeen aanvaarde aanbeveling in T20-krieket is dat ‘n span sy hoeveelheid lopies aan die einde van die 12de boulbeurt tot in die die 20ste ten minste moet verdubbel.

In van die 14 T20i’s het Namibië die mikpunt slegs vier keer bewerkstellig om hul telling te verdubbel. Met hul eerste uitstappie teen Nepal toe hulle eerste gekolf het, was hulle ná die 12de op 84/3, maar voeg binne agt beurte 122 by om op 206 te eindig.

In hul laaste T20i teen Nepal kolf Namibië tweede (82/3 in 12, 177/7 ná 20). Al het die Eagles 95 lopies in die laaste agt gemoker, was hulle ongelukkig steeds oorskadu. Namibië het by twee geleenthede dieselfde teen Oman vermag.

Dis kommerwekkend dat die Eagles se skietgoed in die opsig oënskynlik ietwat te kort skiet.



VERGELYK SKOTLAND

Skotland wat saam met Namibië en Oman in dieselfde groep by die WB is, is ‘n gedugte eenheid.

Skotland, wat saam met Namibië en Oman in dieselfde groep by die WB sal wees, is ‘n ewe gedugte eenheid. Maar die Skotte het ook die afgelope tyd gesukkel. Wanneer na hul laaste drie botsings van 2024 gekyk word, is die Skotte ook nie tans waffers op dreef nie.

Die Emirate het in Maart 2024 vir Skotland in drie T20i’s in Dubai stywe kompetisie besorg. Die mini-reeks is ook deur lae tellings gekenmerk. Skotland (98/4 in 12 en 147/8 in 20) het die eerste botsing verloor en kon ook nie hul telling in die laaste agt verdubbel nie.

In die tweede T20i het Skotland (77/4 na 12 en 121/8 in 20) die bordjies verhang en ook die derde kragmeting (66/5 na 12 en 94/10 in 19.4) opgeraap.

Nederland speel aanstaande maand gasheer vir Skotland en Ierland ter voorbereiding van die WB in die VSA en Wes-Indië.



EAGLES SEDERT OKTOBER

Wen, kolf eerste: 4

Wen, kolf tweede: 4

Verloor, kolf eerste: 3

Verloor, kolf tweede: 3



TEEN ZIMBABWE IN NAMIBIË

24 Oktober. Wen, kolf tweede: Namibië 101 vir 3 ná 12 boulbeurte, eindig op 122/3 in 13.4 (21 lopies in laaste 1.4).

Zimbabwe 65/5 ná 12, eindig op 121/9 in 20 (56 in 8).

25 Okt. Verloor, kolf eerste: Namibië 123/1 ná 12, eindig op 198/3 in 20 (75 in 8).

Zimbabwe 89/3 ná 12, eindig op 200/5 (111 in 8).

27 Okt. Verloor, kolf eerste: Namibië 82/3 ná 12, eindig op 138/6 in 20 (56 in 8).

Zimbabwe 80/3 ná 12, eindig op 144/4 in 18.4 (65 in 6.4).

29 Okt. Wen, kolf tweede: Namibië 96/2 ná 12, eindig op 154/3 in 18.4 (58 in 6.4).

Zimbabwe 73/3 ná 12, eindig op 153/6 in 20 (80 in 8).

30 Okt. Wen, kolf eerste: Namibië 62/4 ná 12, eindig op 101/10 in 18.4 (39 in 6.4).

Zimbabwe 41/5 ná 12, eindig op 93/10 in 19.2 (52 in 7.2).

22 November. Wen, kolf tweede: Namibië 124/2 ná 12, eindig op 134/3 in 14.2 (10 in 2.4).

Zimbabwe 82/5 ná 12, eindig op 132/7 in 20 (50 in 8).



TEEN NEPAL EN NEDERLAND IN NEPAL

27 Februarie. Wen, kolf eerste: Namibië 84/3, eindig op 206/4 in 20 (122 in 8).

Nepal 115/5 eindig op 186/10 in 18.5 (71 in 8).

29 Feb. Verloor, kolf tweede: Namibië 105/5, eindig op 188/7 in 20 (83 in 8).

Nederland 123/1, eindig op 247/5 in 20 (124 in 8).

1 Maart. Verloor, kolf tweede: Namibië 82/3, eindig op 177/7 (95 in 8).

Nepal 99/4 ná 12, eindig op 180/8 (81 in 8).



TEEN OMAN IN OMAN

1 April. Wen, kolf tweede: Namibië 72/5, eindig op 114/6 in 18.4 (42 in 6.4).

Oman 82/4 eindig op 109/9 in 20 (27 in 8).

2 April. Verloor, kolf tweede: Namibië 55/4, eindig op 131/9 in 20 (75 in 8).

Oman 86/3 ná 12, eindig op 137/7 in 20 (51 in 8).

4 April. Verloor, kolf eerste: Namibië 51/4, eindig op 101/8 in 20 (47 in 8).

Oman 104/2 in 11.1.

5 April. Wen, kolf eerste: Namibië 95/2, eindig op 164/4 in 20 (69 in 8).

Oman 88/4 ná 12, eindig op 140/9 in 20 (52 in 8).

7 April. Wen, kolf eerste: Namibië 106/2, eindig op 212/3 (106 in 8).

Oman 114/5 eindig op 150/10 in 18.3 (36 in 6.3)

• Australië en Engeland, die twee gunstelinge saam met Namibië, Oman en Skotland in ‘n groep by die WB, is volle lidlande van die ICC en toetsspelende lande en sal in ‘n volgende berig bespreek word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!