Tigers en Wanderers wen oortuigend

Krieket
Wanderers se reusetotaal van 377 vir ses het twee honderdtalle ingesluit.
Tielman Van Lill
In die derde ronde van Krieket Namibië se eendagpremierliga Saterdag het ‘n reënbui oor die hoofstad nie die wenpunte vir die voorlopers weerhou nie.

CCD Tigers se eerste krieketspan het die onoorwonne voorloper gebly en het saam met APS Wanderers hul puntevoorsprong vergroot met oorwinnings teen onderskeidelik ATG WHS Old Boys en Trustco United.

Hoewel welkome reën die namiddag by beide United en Wanderers se velde die spel onderbreek het, het dit geensins ‘n beslissende invloed op die uitslae gehad nie.

Wanderers se reusagtige totaal van 377 lopies vir ses paaltjies is in 50 boulbeurte by hul tuisveld geslaan om United met 150 lopies volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode te klop.

Reën het spel tydens die tweede kolfbeurt gestaak en United moes hierna in 37 boulbeurte 343 lopies vir ‘n oorwinning aanteken. Die besoekers is egter tot 192/8 in 37 boulbeurte beperk.

Die aanvangskolwer van Wanderers, JC Balt, se 113 van 146 balle (5x4, 6x6) het saam met nommer drie Lo-han Louwrens se honderdtal (123 van 84 b, 6x4, 10x6) in 38 boulbeurte ‘n stewige fondasie vir die gasheer gelê. Hul vennootskap van 217 lopies het hul gesag afgedwing.

Aanvangskolwer Niko Davin (36 van 27 b, 5x4) en later JJ Smit op vier (69 van 36 b, 1x4, 8x6) het hul lopies teen ‘n treftempo van onderskeidelik 133.33 en 191.67 persent gejaag.

Vir United het Nico Pieterse met drie paaltjies vir 93 lopies in agt boulbeurte (ekonomie 11.62 per boulbeurt) die meeste deurbrake gemaak, insluitend Louwrens en Smit. Johan Pieters (2/47 in 7, ekon. 6.71) was heelwat goedkoper en het Balt laat uitvang.

Kolwer nommer vyf Ruben Trumpelmann, wat United aangevoer het, het met 65 lopies (44 b, 5x4, 3x6) ook hul meeste lopies aangeteken. Die aanvangskolwer Gerhard Janse van Rensburg het ‘n puik vyftigtal (54 b, 6x4, 2x6) behaal en het saam met Erich von Molendorff op drie (29, 43 b, 4x4) gekolf toe Zane Green vir 1 deur Nyasha Nyashadzaishe gevang en geboul is.

Tiaan van der Merwe was Wanderers se voorste bouler met 3/23 in drie (ekon. 7.67) gevolg deur JC Balt (2/30 in 9, ekon. 3.33).

Grenshoue: Wanderers 43 (18x4, 25x6), United 24 (18x4, 6x6).



Tigers hou Old Boys wenloos

By United het CCD Tigers (174/4 in 33.3) die loot gewen en Old Boys (182/7 in 50) ingestuur om eerste te kolf, wat sonder die dienste van Gerhard Erasmus en JP Kotzé moes klaarkom.

Die Duckworth-Lewis-Stern-metode was ook hier ingespan toe reën die spel beëindig het. Tigers was reeds verby die nuwe wentotaal van net slegs 109 lopies.

Old Boys se topvier kolwers kon slegs 45 lopies behaal voordat nommer vyf Shaun Fouché (53 van 77 b, 2x4, 2x6) en Jandré de Jager op agt (41 nie uit nie van 27 b, 2x4, 4x6) rigting aan Old Boys se lopieveldtog gegee het.

Die speler van die wedstryd, Nicol Loftie-Eaton van Tigers, was ook beslis die beste bouler van die naweek met 3/13 in 4 (ekon. 1.3). Junior Kariata (3/36 in 9, ekon. 4) het Loftie-Eaton uitstekend ondersteun.

Tigers het hul kolfbeurt stadig begin met Ramon Wilmot (28 van 38 b, 5x4) en Joshuan Julius geduldig voor die penne. Julius se oordeelkundige kolfwerk het vrugte afgewerp met 83 nie uit nie (98 b, 9x4, 3x6) saam met Loftie-Eaton (37 van 44 b, 2x4, 2x6).

Fouché (2/33 in 5, ekon. 6.6 ) was ‘n ster vir Old Boys met die kolf én as bouler. Hy het sy span se eerste twee paaltjies in 14.2 boulbeurte gevat. Jack Brassell en Henry Grant het elk met een slagoffer bygedra.

Grenshoue: Tigers 22 (16x4, 6x6), Old Boys 15 (8x4, 7x6).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 23° | 34° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 18° | 24° Swakopmund: 17° | 19° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 24° | 36° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 17° | 26° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 18° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 34° Lubumbashi: 16° | 21° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 18° | 25° Lilongwe: 18° | 23° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 19° | 30° Durban: 20° | 27° Johannesburg: 16° | 30° Dar es Salaam: 25° | 33° Lusaka: 18° | 22° Harare: 16° | 23° #REF! #REF!