Topspelers vir Unam in 2024 vereer
Rugby
Die flank Abraham Iilonga is as FNB Unam rugbyklub se sportman van die jaar vereer, toe die 2024-seisoen die afgelope naweek amptelik afgesluit is.
Iilonga was een van die driedrukkers in laas jaar se premierliga-eindstryd van die Namibië Rugby-unie (NRU), toe die studentespan hom met 20-45 teen ‘n vasberade en indrukwekkende FNB Wanderers vasgeloop het, met laasgenoemde se losskakel Denzo Bruwer wat met 18 skoppunte ‘n beduidende verskil gemaak het.
Iilonga is boonop as die spelers se speler van die jaar, asook beste voorspeler in die premierliga uitgewys.
Handre Bezuidenhout, in sy debuutseisoen vir Unam nadat hy en die haker Gerhard Thirion as aanwinste van hul vorige klub Trustco United aangesluit het, het puik spel as agtsteman gelewer totdat sy deelname weens ‘n kniebesering beëindig is.
Bezuidenhout se afwesigheid in die eindstryd was ‘n verlies vir Unam, maar sy algehele bydrae het nietemin erkenning gekry as speler van die jaar op klubvlak.
Thirion, ‘n gereelde driedrukker in die premierliga, is as die klub se mees toegewyde speler vereer.
Die vleuel Quirione Majiedt, wat as skoolverlater by Windhoek Hoërskool sy eerste senior klubrugby vir Unam gespeel het, het die seisoen met 16 drieë in die premierliga afgesluit – meer as enige ander Unam-speler. Die jongman is gevolglik ook deur die Namibiese afrigter in 2024, Allister Coetzee, nader geroep en het ook sy eerste twee toetsdrieë teen Burkina Faso gaan druk.
Die eerste span se heelagter Aljarreau Zaahl het die trofee as die voorste agterspeler in die premierliga ontvang. Hy was ook hul voorste puntemaker met 146 vir die seisoen.
Die losskakel Johannes Mwenyo is as die mees veelsydige speler uitgewys en die stut Otja Auala, wat die vorige jaar in Windhoek Gimnasium was, as die speler wat die meeste vordering gemaak het.
VROUERUGBY
Die Unam Steenbokkies was in 2024 opnuut ‘n trotse vaandeldraer vir die klub in die NRU se 15’s-vroueliga.
Die Steenbokkies het ‘n onoorwonne seisoen voltooi en het ook hul 2023-titel suksesvol verdedig. Hulle het die Wanderers Bokkies in die eindstryd met 43-7 oorskadu.
Die blitsige en vlugvoetige Ivone Kooper, wat ewe gevaarlik was ongeag of sy as heelagter of vleuel of skrumskakel gebruik is, is as die klub se sportvrou van die jaar bekroon.
In die eindstryd het Kooper vier drieë gedruk en ook ‘n strafdrie afgedwing. Sy was loshande die Steenbokkies se voorste driedrukker vir die seisoen.
Kayla-ann tjombe was die spelers se keuse as speler van die jaar en het ook die prys as beste agterspeler met haar gereelde vleuelmaat Fiola Vliete gedeel.
Ander vrouepryswenners was die losskakel Michelle Slinger (meeste punte), Kaylin Basson (haker of flank, beste vordering), Alina Ashipala (mees toegewyde speler) en senter Elzane-Lee Basson (mees veelsydige speler), terwyl die slot Letisha Matheus en stut Yasmine Abdul-Karim die toekenning as beste voorspeler gedeel het.
MANS RESERWELIGA
Unam se tweede span is in die semifinaal van die NRU reserweliga uitgeskakel.
Spelers wat toekennings ontvang het, was Clever Dhliwayo (beste agterspeler), die agtsteman Kistings Minyoi (meeste punte en beste voorspeler) en Newton Makaka (spanbestuurder se trofee vir mees toegewyde speler).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie