Veggees verhinder tweede Eagles-bloedneus
Krieket
Die Namibiërs se vordering in die Wêreldbeker Liga 2-reeks het gister amper weer 'n knou gekry.
Die Richelieu Eagles het gister op spannende wyse hul eendagwedstryd teen Oman met 23 lopies gewen, twee dae nadat die VSA die Namibiërs Saterdag in Al Amerat met 114 lopies verniel het.
Oman is vir 146 in 37.2 boulbeurte uitgeboul nadat die gasheerspan aanvanklik in die eerste 12 boulbeurte flink teen meer as vier lopies per boulbeurt gevorder het.
Die Eagles se kolforde, of die gebrek daaraan, is tans hul achilleshiel. Hoewel JJ Smit (4/46 in 9), Bernard Scholtz (3/47 in 9) en Nicol Loftie-Eaton (1/37 in 7) Saterdag uitstekend geboul het, het die trio minder steun van die res van Namibië se boulaanval gehad nie.
Gister was die Eagles se boulaanval strate beter as Saterdag. JJ Smit (ekonomie 3.16 per boulbeurt), Gerhard Erasmus (ekon. 5.25), Ruben Trumpelmann (ekon. 5.18), Bernard Scholtz (ekon. 2.6), Nicol Loftie-Eaton (ekon. 4.5) en die ODI-debutant JC Balt (ekon. 1) was absoluut puik.
Maar hoe verdedig ‘jou boulers ‘n ondergemiddelde totaal teen ‘n span wat met ‘n sterker kolforde as Oman spog? Dit is die risiko wat tans bestuur word en slegs ‘n wonderwerk deur die Eagles-boulers het die wa deur die drif getrek.
Namibië is gister vir ‘n beskeie 169 in 46.3 boulbeurte uitgeboul. Hoewel aanvangskolwer JP Kotzé (29 lopies, kolftempo 56.86 persent), Malan Kruger op vyf (39, 114.70%) en JC Balt op sewe (35 nie uit nie, 70%) desperaat wal gegooi het, was daar eenvoudig nie genoeg teenstand gebied om Namibië tot ‘n meer veilige totaal van 200-plus te trek nie.
Samay Shrivastav (4 paaltjies vir 56 in 10 boulbeurte) was die grootste doring in die Eagles se vlees. Shakeel Ahmed (2/26 in 10), Sufyan Mehmood (2/15 in 7.3) en Jay Odedra (1/26 in 10) het onderskeidelik net 2.6, 2.0 en 2.6 lopies per boulbeurt afgestaan. Hierie viertal boulers het ook tussen hulle net tien viere en twee sesse in 25.1 boulbeurte afgestaan.
Al Namibië se boulers het gister in volle mondering vir hul ontmoeting teen die gasheer opgedaag. Net JC Balt (0/1 in 1 boulbeurt) het in sy eerste internasionale eendagwedstryd nie ‘n paaltjie geneem nie, maar die res het al vyf twee slagoffers elk bewerkstellig.
JJ Smit (2/19 in 6.2), Gerhard Erasmus (2/42 in 8), Ruben Trumpelmann (2/32 in 7), Bernard Scholtz (2/26 in 10) en Nicol Loftie-Eaton (2/18 in 5) was ware vegters vir hul span met die bal in die hand.
Oman se hoogste telling is deur hul kaptein en openingskolwer, Jatinder Singh (25), behaal.
Grenshoue: Namibië 18 (15x4, 3x6), Oman 14 (10x4, 4x6).
Die speler van die wedstryd is Malan Kruger vir sy goeie kolfbeurt met 39 lopies van 34 aflewerings.
Die Eagles se volgende wedstryd is op 14 Februarie teen die VSA.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie