Die VSA het gister by Wanderers sy geskiedkundige eerste T20I-ontmoeting teen Namibië gespeel. Van links is Gerrie Pienaar (wedstrydskeidsregter), Jessy Singh (VSA se kaptein), Gerhard Erasmus (Eagles-kaptein) en Dixon Vambe (TV-kommentator). Foto Krieket Namibië
Die VSA het gister by Wanderers sy geskiedkundige eerste T20I-ontmoeting teen Namibië gespeel. Van links is Gerrie Pienaar (wedstrydskeidsregter), Jessy Singh (VSA se kaptein), Gerhard Erasmus (Eagles-kaptein) en Dixon Vambe (TV-kommentator). Foto Krieket Namibië

VSA se spiere bult in Windhoek

Krieket
Tielman Van Lill
Die Verenigde State (VSA) het Maandag sy deelname aan die Castle Lite driehoekige internasionale T20-reeks by Wanderers in Windhoek geopen deur die Verenigde Arabiese Emirate met 15 lopies te klop.

Dit was die VSA se 17de T20I-wedstryd sover vanjaar.

Die VSA (175/9 in 20 boulbeurte) het eerste gekolf en daarna die VAE tot 160/8 in 20 bb beperk.

Die VSA se aanvangskolwer Saiteja Mukkamalla was die enigste kolwer wat met 85 lopies (54 balle, 7x4, 4x6) werklik uitgeblink het. Die res van die kolforde het saam met 16 ekstras 17, 11, 6, 19, 6, 5, 6, 0 en 4 (gesamentlik 90) bygedra.

Ali Naseer (4/26 in 4) was opnuut die VSA se topbouler.

Die VSA het in 2019 amptelik T20I’s begin speel, waar hulle twee uit sewe wedstryde gewen het. Kanada, Bermuda en die VAE het hulle geklop, maar die Yanks kon wel die Kaaimanseilande klop.

In 2021 het die VSA agt gespeel en ses teen Ierland, Bahamas, Argentinië, Bermuda, Panama en Belize gewen.

Tydens die 2022-kalenderjaar het die VSA vyf gespeel en drie teen Papoea-Nieu-Guinee, Nederland en Zimbabwe verloor. Hulle kon wel vir Jersey en Singapoer klop.

Die 2024 T20-Wêreldbeker was vir die VSA ‘n sak vol persente nadat hulle in 2023 geen internasionale T20-krieket gespeel het nie. Met die VSA as medegasheer vir die 2024-skouspel het sy span direkte toegang tot dié spogtoernooi gehad.

In 2024 het die VSA met nege seges in 17 wedstryde die volgende opponente getakel: Teen Kanada (wen 6), Bangladesj (wen 2, verloor 1), Pakistan (een gelykop), Indië (een verloor), Suid-Afrika (een verloor), Wes-Indiese eilande (een verloor), Engeland (een verloor), Nederland (twee verloor) en die VAE (wen 1).

Die VSA het verlede maand al vier sy internasionale eendagwedstryde van die Wêreldbeker Liga Twee-minireeks in Windhoek teen die VAE en Namibië ingepalm.

Indien dit nie reeds duidelik blyk nie, het die Yanks gewys dat hulle in die CWCL2 ‘n krag gaan word om mee rekening te hou. Die T20I-minireeks by Wanderers tussen die drie lande gaan net die regte vertoonstuk vir hulle wees om ‘n bisep of twee te mag bult.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...