Vuurwarm renne by Tony Rust as dié manne opdaag

Motorsport
Tielman Van Lill
Die Tony Rust-renbaan buite Windhoek word môre weer op horings geneem wanneer jaers vir die derde ronde van die Namibiese langbaankampioenskap met hul vuurwaens op die wegspringstreep stelling inneem.

Die derde ronde is ‘n meer as welkome verwikkeling vir geswore petrolkopppe, want die laaste langbaanresies by Tony Rust was op 16 Junie, drie-en-’n-half maande gelede.

Nadat die M&Z JAC Gobabis-tydren twee weke gelede afgehandel is, kan geharde adrenalienvrate opnuut die teerbaan aandurf.

Pieter Greeff, die Bisschoff-broers Hein en Ewald, asook Zachary Martin – wat almal aan tydrenne deelneem – sal nou hul volle aandag op die 2.4 kilometer resiesbaan kan vestig.

Die Klas D-afdeling was met die vorige byeenkoms propvol aksie. Greeff, Michael Strydom en André Havenga het die pap lekker dik aangemaak, terwyl Mark Sternagel, Michael Rust en Hein Bisshoff die toeskouers met pure plesier vermaak het.

Dit sal welkom wees indien MP Pretorius met sy blitsige Golf ook weer vir ‘n slag ‘n draai by die resies gaan maak.

Hopelik is Mark Sternagel, Allan en Zachary Martin, die Bisschoff-broers, Michel Rust, Clive Strydom, Pieter Greeff, André Havenga, Michael Strydom, Craig Bisschoff, Jordan Izaaks en Bazill van Rhyn almal gereed om hul ondersteuners rede vir ‘n glimlag te gee, wat vir ‘n behoorlike kompetisie sal sorg.

Hekke open reeds om 09:00, terwyl die kwalifiserende rondes tussen 12:00 en 12:30 gejaag word. Die eerste van drie renne begin 13:00.

Yskoue verversings en kos is by die klubhuis van die Windhoek-motorklub te koop. Toegang is N$50, maar kinders onder 12 jaar asook pensioenarisse kan gratis ingaan.

Die volgende langbaanbyeenkomste word vir 19 Oktober, asook 9 en 30 November beplan.

Sleeprenne (drags) is vanaand vanaf 19:00 aan die orde van die dag by dieselfde venue. Om deel te neem, kos N$250, terwyl die hekgeld N$80 is. Verversings sal deurentyd by die klubhuis beskikbaar wees.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A