Wantenaar kook in kort borsslag
Swem
Ronan Wantenaar het die afgelope naweek by die 19de Singapoer nasionale ope swemkampioenskap by die OCBC Aquatic-sentrum sy land se vlag met mening laat wapper.
Wantenaar, van Marlins-swemklub in Windhoek, het sy eie Namibiese nasionale 50 meter-borsslagrekord tot 27.24 sekondes verbeter en ‘n goue medalje verwerf.
Sy spogtyd het aan hom 864 punte volgens die wêreldbeheerliggaam Fina se ranglys besorg.
Sy 27.24 is strate beter as die vorige byeenkomsrekord van 30.50 sekondes. Ongelukkig is dié item nie ‘n Olimpiese item waar Wantenaar vir die 2024 Olimpiese Spele in Parys, Frankryk, sou kon kwalifiseer nie.
Die Namibiër het ook ‘n silwermedalje in die 100 meter-borsslag opgeraap. Wantenaar het die Namibiese Watersportvereniging (Nasfed) in Singapoer verteenwoordig.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie