Zim Sables sal voluit kom vir semifinaal

Rugby
Afrigter Allister Coetzee sê geen nuwe beserings is in die toets teen Burkina Faso opgedoen nie en sy volle spelersgroep is in berekening vir die komende botsing.
Sportredaksie
Die Zimbabwe Sables is Namibië se volgende hekkie op pad na die suksesvolle verdediging van hul Rugby Afrika-bekertitel in Kampala, Uganda.

Namibië sal môre ná hul kragmeting teen Zimbabwe weet teen wie hulle in die finaal gaan opdraf.

Allister Coetzee, hoofafrigter van Namibië, het gister gesê sy span se oefensessie gister het goed afgeloop en afgesien van twee ligte gevalle van griepsimptome het hulle sonder nuwe beserings uit Saterdag se toets getree.

Namibië, die verdedigende Rugby Afrika-bekerkampioen, het Burkina Faso in die openingswedstryd van die toernooi met 38-5 verslaan.

Coetzee sê Zimbabwe het ook goed vertoon hoewel hulle Uganda net-net met 22-20 geklop het, nadat die Sables rustyd oënskynlik gemaklik met 22-0 voorgeloop het.

"Dit gaan nie ’n maklike wedstryd teen Zimbabwe wees nie. Hul vaste fasette het georganiseerd gelyk en hulle het goeie bewegings van daar af geloods," het Coetzee gesê.



Die opposisie

’n Oorwinning teen Zimbabwe sal vir Namibië ‘n plek in die eindstryd teen Kenia óf Algerië verseker.

Coetzee sê sy span het baie werk om te doen vir hul volgende wedstryd.

“Zimbabwe het ’n goeie toetslopie teen Uganda gehad. Ons is in vir ’n moeilike wedstryd. Zimbabwe het heelwat ervare spelers. Hul losskakel (die 33-jarige Ian Prior) is een van hul nuwe aanwinste wat sedert 2018 vir die Western Force van Australië gespeel het (ook tevore vir die Brumbies en London Harlequins),” het die breier gesê.

Die flank Tinotenda Masevere (Haaie) en heelagter Tapiwa Mafura (Leeus), wat beide in Suid-Afrika gekontrakteer is, is twee van die enkelinge uit die buiteland wat by Zimbabwe se grootliks plaaslik gebaseerde toerspan na Uganda ingesluit is. Minstens ses ander professionele spelers, onder meer by klubs in Frankryk, was nie beskikbaar nie.

Die veteraan-skrumskakel Hilton Mudariki is die Sables se kaptein. Hy was reeds in 2014 deel van Zimbabwe se vergeefse aanslae om Namibië as die vasteland se kwalifiseerder vir Wêreldbekers te onttroon.

Zimbabwe se huidige afrigter is Piet Benade (42), ‘n Zimbabwiër wat tevore vir die WP en Pumas losskakel gespeel het voordat hy by Rondebosch Boys High School en Valsbaai begin afrig het. Voordat Benade in Maart vanjaar as Zimbabwe-afrigter aangestel is, was hy ook ‘n hulpafrigter onder sy voorganger Brendan Dawson.



Huiswerk

Coetzee sê die Namibiërs is opgewonde oor die kragmeting teen Zimbabwe.

“Dit gaan nie maklik wees nie. Hulle vaste fasette lyk stewig en hulle lyk goed georganiseerd. Ons sal ons huiswerk doen en seker maak dat ons daarvolgens voorberei. Hierdie keer sal ons waarskynlik ’n later afskoptyd hê (as laas Saterdag, 10:00 plaaslike tyd) en dit sal baie met ons logistiek, fokus en voorbereiding help.”

Met die oog op 2025 se Rugby Afrika-beker – wat ook in Kampala aangebied sal word en wat as kwalifisering vir die 2027 Wêreldbeker sal dien – was dit allerbelangrik dat Namibië sy eerste wedstryd gewen en tot die volgende fase deurgedring het.

“Ons het in die eerste helfte nie ’n goeie begin teen Burkina Faso gehad soos wat ons graag wou hê nie. Daar is nie verskonings nie. Ons grondbeginsels het ons in die steek gelaat. Ons het te veel ongedwonge foute gemaak, 'n paar eenvoudige skoppe gemis en sewe strafskoppe in die eerste helfte afgestaan. Dit het ons verhoed om momentum te bou. Weens al die foute het ons opponente in selfvertroue gegroei. Dit het hulle in staat gestel om ons aan te val en dit het Namibië se verdediging onder druk geplaas,” het Coetzee afgesluit.

Namibië pak Zimbabwe môre (15:00 Namibiese tyd), terwyl Kenia en Algerië in die eerste semifinaal sal bots (13:00). Kenia het vir Senegal met 36-7 uitgeskakel en Algerië se agttal het die grondslag gelê om die Ivoorkus met 32-12 af te stof.

Beide wedstryde sal na verwagting regstreeks op Rugby Africa se YouTube-kanaal gevolg word.



Ongelyke stryd

Sedert Namibië se onafhanklikwording in 1990 het hy reeds 31 toetse teen die Sables gewen. Sy enigste drie nederlae was in 1996 in Windhoek (13-15); in 1997 in Bulawayo (26-32) en in 2001 in Harare (26-27).

Die spanne se laaste ontmoeting was by die 2022 Rugby Afrika-bekertoernooi in Frankryk, waar afrigter Alister Coetzee en kaptein Johan Deysel se span met 34-19 gewen het as tweede laaste hekkie voor hul kwalifisering vir die 2023 Wêreldbekertoernooi in Frankryk.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Katima Mulilo: 18° | 38° Rundu: 15° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 14° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 11° | 31° Henties Bay: 9° | 15° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 11° | 12° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 17° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 9° | 30° Mariental: 9° | 27° Keetmanshoop: 8° | 23° Aranos: 8° | 29° Lüderitz: 9° | 29° Ariamsvlei: 6° | 22° Oranjemund: 9° | 26° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 9° | 15° Maseru: 2° | 22° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 16° | 22° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 10° | 18° Durban: 13° | 15° Johannesburg: 14° | 27° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007 Sport results: Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Weather: Katima Mulilo: 18° | 38° Rundu: 15° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 14° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 11° | 31° Henties Bay: 9° | 15° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 11° | 12° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 17° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 9° | 30° Mariental: 9° | 27° Keetmanshoop: 8° | 23° Aranos: 8° | 29° Lüderitz: 9° | 29° Ariamsvlei: 6° | 22° Oranjemund: 9° | 26° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 9° | 15° Maseru: 2° | 22° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 16° | 22° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 10° | 18° Durban: 13° | 15° Johannesburg: 14° | 27° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007