Zoë dra Afrika se MX-kleure met trots
Motocross
Die 19-jarige Zoë Waldschmidt van Windhoek is gekies om saam met vier vroue van Afrika dié kontinent vandeesweek by die Fédération Internationale de Motocyclisme (FIM) Oceania Motocross-beker in Australië te verteenwoordig.
Die elite geleenhetid vind op 22 en 23 Maart by Wonthaggi in die staat Victoria plaas, waar die vyf Afrikane teen spanne van Australië, Nieu-Seeland en die VSA sal jaag.
Die Afrika-span betaan uit Leah Heygate (25 jaar) van Zambië as die spankaptein saam met Zoë Waldschmidt, Atete Benzinge (15) van Kenia, Zoë Botha (17) van Suid-Afrika en Kateete Sharifah (21) van Uganda.
Die 2025-weergawe van die FIM Oceania MotoCross-beker is gerat om geskiedenis te maak met Afrika wat vir die eerste keer by die kompetisie aansluit.
Die byeenkoms begin komende Saterdag en sluit die volgende dag af, met dinamiese vertonings wat van die vyf lande se talentvolle ryers verwag word.
Die mylpaal gee aan die Afrika-vroue die gulde geleentheid om op die internasionale verhoog teen topjaers van die wêreld te kompeteer. Die vyftal wat FIM Afrika verteenwoordig, sal hulself ongetwyfeld teen vuurwarm mededinging kan meet om te sien hoe goed hulle werklik is.
Om Afrika te verteenwoordig, is vir Zoë ‘n droom wat bewaarheid is. Haar passie vir en toewyding tot motocross kan nie bevraagteken word nie. Sy oefen tot drie keer per week by die Gallina-motocross-baan en werk ook in die gimnasium aan haar fisieke krag en fiksheid.
Sy is gretig om die nuwe uitdaging met mening te pak.
Zoë volg met entoesiasme in die spoor van haar bekende pa Ingo en oom Eckhardt, wat oor dekades sinoniem met plaaslike morfietssport geword het. Ingo se deursettingsvermoë om sy eie string borge te werf om sy deelname aan drie Dakar-tydrenne (2009, 2011 en 2013) moontlik te maak, is ‘n verhaal op sy eie. As die eerste Namibiër wat die geharde tydren drie kere voltooi het, het Ingo inderdaad gewys dat geen uitdaging sommer as onmoontlik beskou moet word nie.
Druk harder as ooit
In een van Zoë se grootste deurbrake in die sport wil sy waardevolle ondervinding in Australië gaan opdoen en ook tot die span se algehele vertoning bydra.
Sy sal noodgedwonge by die langer renne in Victoria moet aanpas, maar sy sê sy is gereed om haarself harder as ooit tevore te druk.
“Motocross-renne verg moed, vasberadenheid en passie. Jy moet bereid wees om hard te werk, om in jou vermoëns en jouself te glo en jy moet dat niks jou terughou nie,” is haar boodskap aan jonger meisies.
Met voorbereidings in volle swang is die Afrikane gretig om die nuwe uitdaging aan te pak en hul merk internasionaal te maak. Die FIM Afrika-president kon nie sy entoesiasme vir die geskiedkundige byeenkoms verberg nie. Hy het die belangrikheid van die Afrika-span in Victoria beklemtoom en gesê dit is ‘n gulde geleentheid vir Afrika-vroue in motorsport.
Marco Comana, die FIM Afrika-president, het gesê: “Hierdie is ‘n reusestap vir vroue-motocross in Afrika. Ons jaers gaan nie net kompeteer nie, hulle gaan ook ‘n hele nuwe generasie van jong meisies in Afrika inspireer wat in hul potensiaal glo om hul drome na te jaag.
“Hul deelname sal ongetwyfeld die groei van vroue-motocross in Afrika verseker. Deur onverskrokke vasberadenheid en toewyding sal hulle die talent van Afrika op die internasionale verhoog ten toon stel.
“Ons is geweldig trots op hierdie jaers en sien uit na hoe die vyftal hul vernuf die komende naweek in Wonthaggi vir die wêreld gaan uitstal.”
Die span het onder die wakende oog van André Dearden by die Terra Topia Dirt-baan in Suid-Afrika voorberei voordat hulle die afgelope Maandag na Wonthaggi vertrek het. Die byeenkoms kan op https://fim-moto.tv/ gevolg word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie