20-jaar-gelede2021-11-260
20-jaar-gelede2021-11-260

20 jaar gelede

Dinsdag 9 April 2002

- Skoolhoofde en kerkleiers van veral Windhoek se voorstede sit met hul hande in hul hare. Die morele agteruitgang by laer- en hoërskole kan nie verder geduld word nie.

- Air Namibia word daagliks teen ’n verlies van sowat N$1 miljoen bedryf en die lugredery se Boeing 747-400 Combi kos die land en belastingbetalers daagliks nog sowat ’n halfmiljoen dollar.

- Sluimerende onmin in vakbondgeledere oor die onlangse privatisering van Air Namibia is Vrydag op die hoogste vlak binne die Namibiese Werkersunie (NUNW) uit die weg geruim.

- Namibië kon gister net-net nie die uitklophou op Zimbabwe se A-span toedien in hul eendagkrieketwedstryd by TransNamib nie.

Woensdag 10 April 2002

- Die Namibiese ontwikkelingreus is dood. Mnr. Karl Werner List het gisteroggend, ses dae voor sy 81ste verjaardag, stil in sy huis in Windhoek gesterf toe kanker een van die grootste seuns van Namibië kom haal het.

- Die Air Namibia-lugbel van sewe jaar gaan binne dae bars. In die proses kan dramatiese afdankings van byna tweederdes van die 465 personeellede bekragtig word by die lugredery wat die land daagliks sowat N$1,5 miljoen uit die sak jaag.

- Plaaslike markte vir groenteprodusente in Namibië gaan in die volgende drie jaar ontwikkel en uitgebrei word.

Donderdag 11 April 2002

- Namibiese grensgemeenskappe op die verre noordwestelike grens met Angola tot die noordooste met Zambië is die afgelope maande die prooi van seisoenale uiterstes.

- Die Onderwysunie van Namibië (TUN) gaan buite sy tradisionele lede leiding vir toepaslike stappe soek aangesien geen voorsiening in vanjaar se begroting vir aanpassings aan salarisse gemaak is nie.

- Die ondergrondse waterkwessie van Tsumeb gaan Vrydag indringend tussen belanghebbende partye op die dorp bespreek word.

- Vyf veediewe wat boere in die omgewing van Opuwo sedert 1999 tot Mei 2000 met diefstal geteister het, is aan 13 aanklagte van veediefstal en die vervalsing van uitgifte in die streekhof op Oshakati skuldig bevind.

Vrydag 12 April 2002

- Die Windhoekse Karnavaal is in sy 50ste bestaansjaar, die eerste in Afrika wat so oud is, en alle Windhoekers kan van vandag af aan die feestelike atmosfeer deel hê.

- Twee senior personeellede van die Sentrale Bank is huistoe gestuur ná ’n ondersoek na sowat N$200 000 wat voor Paasnaweek, ten spyte van die gevorderdste veiligheids- en finansiële beheerstelsels uit die Bank van Namibië, gesteel is.

- ’n Span deskundiges van Boeing gaan binne enkele weke terug wees in Windhoek om ’n volledige ontleding aan Air Namibia voor te lê rakende die lugredery se huidige situasie en veral ten opsigte van die Boeing 747-400 Combi.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!