‘n Storie van selfwaarde en uithouvermoë
‘n Uitdagende reis
Francois Dames, 'n berader en Krav Maga-afrigter, gebruik sy fisieke krag om hulp aan ander te verleen.
’n Drafstap in die skemer vir daaglikse gesondheid is waarskynlik ’n goeie idee. Om vir 12 ure in stikdonkerte in die veld te draf vir die bewusmaking van trauma, verg meer moed.
Dít is maar net een van die aktiwiteite wat Francois Dames, ’n berader en Krav Maga-afrigter, hom mee besig hou om sy medemens te help.
Op 9 Julie vanjaar het Francois 12 ure van donkerte aangepak om bewusmaking te skep vir diegene wat daagliks deur donker tye gaan.
’n Suid-Afrikaanse groep “Mindset Movement” het die inisiatief begin om hulself geestelik en fisiek uit te daag. Francois het dié inisiatief na Namibië gebring om trauma op die voorgrond te bring, asook om ander te leer en te wys tot wat hulle in staat is.
“Ons is so geneig om te sê, ek het deur my trauma gewerk, maar dit is ’n deurlopende proses,” het Francois oor die doel van die bewusmaking gesê.
“Daar gaan altyd weer trauma kom en dit gaan oor die bewusmaking van die menslike liggaam en die menslike gees en hoe God vir ons sê ons kan deur enigiets gaan.”
Die span wat altyd agter Francois staan, is sy gebedsgroep wat geestelike versterking aan hom bied en gedurende die nag van 8 Julie was sy pa en sy span se gebede daar om hom te versterk en deur te dra.
Die 12 ure van donkerte was nie Francois se eerste uitdaging wat hy aan homself gestel het nie. Francois het op 18 September 2021 vir 10 km met Stumpie – wat 30 kg weeg – oor sy skouer gehardloop. Stumpie, die boomstomp, het Francois op sy drafuitdaging vir die Legacy of Love-liefdadigheidsorganisasie vergesel.
Dit was ook om aandag aan traumaslagoffers te skenk, veral aan mense wat geliefdes weens Covid-19 verloor het.
Hy was deurentyd terwyl hy gehardloop het, in gesprek met God en hy het vir diegene gebid wat deur moeilike tye gaan.
“Ek praat en motiveer ook myself,” het Francois gesê oor wat hy gedurende sy uitdagings dink.
Oefening, geestelike en emosionele gesondheid is nog altyd deel van Francois en om ander te help is ook een van sy passies.
“Ek help ander om te besef hulle is in staat om enigiets te doen,” het hy gesê.
Met sy Krav Maga-opleiding help Francois mense om hulself te verdedig wanneer hulle in gevaarlike situasies is. Krav Maga is ’n verdedigingstyl wat die Israelse magte ontwikkel het.
Hy bied gereeld werkwinkels aan soos onder meer vir teenverkragting en om plaaseienaars en -werkers te leer om hulself tydens ’n plaasaanval te verdedig. Hy gee ook berading aan vroue wat slagoffers van aanvalle was.
Selfverdediging is iets wat in mense ingebou moet word, sê Francois.
Hy het verduidelik eers ná ses maande word dít wat hy ander leer, deel van hul spiergeheue.
“My hart is mense,” sê Francois.
Sy werk as ’n Krav Maga-afrigter en as pastoor help hom om na ander uit te reik om hulle te help, sowel as om vir hulle hul waarde te wys.
“God het my geroep om ander hul waarde te laat besef,” sê hy.
Francois reik al vir meer as tien jaar na ander uit en bedien die gemeenskap waar dit nodig is.
Voor sy pad met mense en die Here begin het, het hy in die korporatiewe wêreld as ’n argitek gewerk – ver verwyder van wie hy vandag is.
“Ek doen altyd alles voluit,” het Francois grappenderwys vertel van sy verlede met dwelms, drank, vrouens en geld.
“Ek het besef watse slegte mens ek is,” vertel Francois oor hoe die Here hom uit sy verlede gehaal het.
Buiten sy werk met ander as pastoor en as ’n afrigter in Krav Maga, help hy ook ander om hul besighede met bemarking en sake-idees op die been te bring.
VERSTERKING
Francois sê hy kan nie sy uitdagings alleen aanpak nie.
“Ek moet dit saam met God doen, anders het dit geen waarde nie.”
Toe hy met Stumpie gehardloop het, het God vir hom gehardloop en hom gedra, het Francois verduidelik.
Wanneer hy homself onder druk plaas, het hy meer oor homself geleer en het hy sterker geword.
“Jou gemaksone maak jou depressief,” sê Francois, daarom is dit vir hom belangrik om uitdagings aan te pak waar hy meer oor homself leer en om dieper na binne te kyk.
Sy 12 ure van donkerte is nie waar sy uitdagings eindig nie.
Francois beplan om op 14 Augustus weer met Stumpie vir Legacy of Love te hardloop; hierdie keer wil hy dalk 21 km aanpak. Verder gaan hy in September 100 km aandurf en in November gaan hy fietsry vir 550 km; alles ten bate vir traumabewusmaking.
“Om onsself in moeilike situasies te plaas, versterk ons gedagtes, liggaam en ons gees,” sê Francois.
Maatskappye wat tans Francois met sy uitdagings help, is Hoka wat sy drafskoene aan hom geborg het, en Race Pace Distributors en IJG-trails wat hom gratis toegang tot Farm Windhoek gee.
Die publiek is welkom om Francois te ondersteun en kan hom by [email protected] kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie