Wlotzkasbaken word uitgebrei
Brigitte Weidlich
Die klein vakansienedersetting Wlotzkasbaken noord van Swakopmund gaan vergroot word – met winkels, moderne woongebiede en ’n plaaslike administrasie. Die Erongo-streeksraad het reeds ’n omgewingsimpakstudie van stapel gestuur.
Ná 1990 was die sogenaamde “net wit” demografie van die bevolking van ongeveer 260 vakansiehuise, meestal van hout, ’n doring in die oog van die regering.
Wlotzkasbaken is in 1993 tot ’n nedersettingsgebied verklaar en die administrasie is in die hande van die streekraad.
’n Stedelike gebied is rondom die nedersetting afgebaken, bekend as Wlotzkasbaken Dorp en Dorpsgrond No. 221. Hoewel dit binne Dorob Nasionale Park geleë is, is die nedersetting uitgesluit van die park.
Boonop is ’n beduidende gedeelte van hierdie stedelike gebied onontwikkel as gevolg van biofisiese sensitiwiteit. Die beplande en geteikende ontwikkeling sal suid van die bestaande Wlotzkasbaken plaasvind.
Die 522 erwe met verskillende grondgebruik en sonering moet vir ontwikkeling vrygestel word. ’n Nuwe sentrale sakekern gaan geskep word, verskeie woongebiede, asook institusionele gebiede en openbare oop ruimtes. Hiervoor moet die nodige infrastruktuur soos riool-, elektrisiteit- en wateraansluitings aangelê word en die erwe moet opgemeet en ontwikkel word.
Hierbenewens bevat die uitlegvoorstel bekende omgewingsbeperkings. Die dolerietrif – bekend as Black Rocks – is by die voorgestelde uitleg onder die sonering ingesluit.
Belangstellende en geaffekteerde partye kan The Namib kontak, wat die omgewingsimpakstudie (OIB) uitvoer. Belangstellendes wat meer inligting soek oor openbare verhore kan ’n e-pos na [email protected] stuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie