Woestynleeus benut mariene voedselbronne
Leeus langs strande uniek aan Namibië
Die Namibian Journal of Environment het 'n verslag gepubliseer vir woestynaangepaste leeus en ontspanningshengelaars om in harmonie in die noordelike Namib-kus saam te leef.
Claudia Reiter – Sedert 2017 het die woestynaangepaste leeus wat in ’n groot gedeelte van die Skedelkus Nasionale Park en die noorde van die Namibwoestyn voorkom, hul bewegings langs die kuslyn uitgebrei en die see meers as ’n voedselbron begin benut.
Die jaarlikse opening van die Torrabaai-kampterrein gedurende die Desember/Januarie-vakansieseisoen het dus kommer laat ontstaan oor konflikte tussen leeus en hengelaars.
’n Bewusmakingsveldtog met gereelde opdaterings op sosiale media – gekombineer met die deurlopende teenwoordigheid van die bewaringsowerhede – het waarskynlik gehelp om openbare bewustheid oor die situasie te skep.
“Woestynaangepaste leeus se habitatte is groot om die wisselvalligheid en lae digtheid van prooi teen te werk. Dit het daartoe gelei dat groot groepe die afgelope jare by mens-leeu-konflikte betrokke was. Die leeus wat later die mariene voedselbronne ontdek het, het egter nog nie teruggekeer na die gemeenskaplike bewaringsgebiede waar mense met vee boer nie,” lui ’n verslag wat die Namibian Journal of Environment (NJE) uitgereik het.
XPL-108
“Die leeuwyfie (Xpl-108) het die kuslyn by Torrabaai vir 34 dae of 50% van die seisoen gebruik.
“Sy het haar bewegingspatrone aangepas en snags langs die kus gejag en bedags na die binneland terugbeweeg. Die leeuwyfie het sodoende interaksies met hengelaars vermy. Sy het nietemin voortgegaan om die kushabitat te benut en veral Kaapse pelsrobbe gevreet, wat 78% van hul biomassagebruik uitmaak.
“Die leeuwyfie was deel van ’n werpsel van drie wyfies wat in 2013 gebore is. Haar ma, Xpl-45, het in 2017 haar kennis van mariene voedselbronne aan haar welpies oorgedra.
“Op negejarige ouderdom is Xpl-108 toegerus met ’n satelliet/VHF-radiohalsband wat geprogrammeer is om GPS-posisies uurliks op te dateer en om ’n deurlopende bewegingsensitiewe VHF-sein uit te stuur.
“Waarnemings het op 19 November 2022 begin en tot einde Januarie 2023 geduur. Die leeuwyfie se bewegings en aktiwiteite is aangeteken oor 24 uur siklusse oor 70 dae. Gedurende hierdie tydperk het die leeuwyfie altesaam 30 diere doodgemaak, met die oorgrote meerderheid van haar dieet wat uit Kaapse pelsrobbe bestaan het. Die algehele kushabitat, wat die duine en strande insluit, was aansienlik meer produktief vir die leeuwyfie tydens die 70 dae.
“Tydens haar besoeke in die binneland het die leeuwyfie langer afstande afgelê en nie die vereiste minimum voedselinname van 5 kg per dag bereik nie. Gereelde kusbesoeke en die beskikbaarheid van pelsrobbe het die leeuwyfie toegelaat om haar gemiddelde daaglikse voedselinname tot 6,1 kg per dag te verhoog.”
GEVOLGTREKKING
Geen konflikte tussen die besoekers van Torrabaai en die leeuwyfie is aangemeld nie.
“Die aantal voertuie wat die pad verlaat en probeer het om die leeuwyfie te nader, is egter kommerwekkend. Sonder die teenwoordigheid van die navorsingsvoertuig en die omgewingsministerie, kon dié voorvalle dalk geëskaleer en tot konflik gelei het.”
Die teenwoordigheid van leeus langs die strande is dus uniek aan Namibië.
“Die potensiële toeristewaarde van ’n ontmoeting met ’n wilde leeu op ’n strand, is waarskynlik enorm. Met toekomstige toerisme-ontwikkelings in die Skedelkus Nasionale Park sal dit wys wees om die waarde van hierdie ongewone verskynsel in ag te neem, en om omgewingsensitiewe toerisme-konsessies te ontwikkel wat fokus op die streek se kenmerkende ekologiese, geologiese en argeologiese kenmerke, eerder as om met ’n 70-jarige tradisie van die relatief onbeheerde strandhengelaars aan te gaan,” lui die verslag.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie