Foto pexels
Foto pexels

Bewusmakingsveldtog oor e-afval skop af

'Dringende rede tot kommer'
Die Verenigde Nasies se Instituut vir Opleiding en Navorsing het vroeër vanjaar bevind dat Namibië onvoldoende regulasies in plek het om e-afval te hanteer.
Iréne-Mari van der Walt
Die regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië (Cran) het ’n veldtog van stapel gestuur om bewusmaking oor elektroniese rommel, ofte wel e-afval, in samewerking met die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme asook Stad Windhoek (CoW), te verhoog.

Dit nadat ’n verslag deur die Verenigde Nasies se Instituut vir Opleiding en Navorsing vroeër vanjaar bevind het dat daar onvoldoende regulasies in plek is om e-afval in Namibië te hanteer.

“In ’n era waar tegnologiese vooruitgang vinnig en alomteenwoordig is, het die bestuur van e-afval wêreldwyd ’n dringende rede tot kommer geword.

“E-afval sluit elektroniese toestelle soos fone, rekenaars en televisiestelle in wat dikwels materiaal bevat wat gevaarlik is vir die omgewing en menslike gesondheid indien dit nie behoorlik mee weggedoen word nie,” lui Cran se nuusbrief.

Cran waarsku egter dat die voordele wat tegnologie meebring opgeweeg moet word teen die verantwoordelikhede wat daarmee gepaard gaan.

“Namate Namibië voortgaan om tegnologie te omhels, neem die hoeveelheid e-afval wat geproduseer word geleidelik toe.

“Giftige stowwe wat in elektroniese toestelle soos lood, kwik en kadmium voorkom, kan in die grond en waterbronne insypel, wat besoedeling en gesondheidsprobleme veroorsaak.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-02-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer