Lang rye was die afgelope paar dae by verskeie MTC-punte te sien waar kliënte hul simkaarte voor 31 Desember wil registreer. FOTO OGONE THLAGE
Lang rye was die afgelope paar dae by verskeie MTC-punte te sien waar kliënte hul simkaarte voor 31 Desember wil registreer. FOTO OGONE THLAGE

Biometriese data 'nie wetlike vereiste'

Gebrek aan dringendheid aan kant van publiek
Die registrasie van simkaarte sal kubermisdaad stuit.
Henriette Lamprecht
Ogone Thlage – Die uitvoerende direkteur in die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie dr. Audrin Mathe het toegegee daar was nooit enige wetlike vereiste vir die vaslegging van biometriese data vir die registrasie van simkaarte nie.

Dit is ten spyte van die feit dat die mobiele operateurs TN Mobile en MTC van sy intekenare vereis om dit te verskaf.

“Daar is geen wetlike vereiste vir biometriese data nie, laat ons dit net uit die pad kry. Waarop ons fokus is om die boodskap by soveel mense as wat ons kan uit te kry,” het Mathe Vrydag tydens ’n nuuskonferensie gesê en enige verdere vrae hieroor van die hand gewys.

Mathe het die regering se stap verdedig om te verseker dat simkaarte geregistreer is, en gesê dit sal kubermisdade help stuit. Volgens hom het 157 lande die registrasieproses van simkaarte aanvaar en volg Namibië eenvoudig in hul voetspore.

“Registrasie is belangrik om kubermisdade hok te slaan. Tot dusver doen 157 lande dit, daar is niks ongewoon daaraan nie,” het Mathe gesê.

Die minister was verstom deur die gebrek aan dringendheid aan die kant van die Namibiese publiek, en het bevraagteken hoe jurisdiksies met veel hoër bevolkings as Namibië hul verbruikers geregistreer kon kry.

“Daar is geen rede hoekom ’n bevolking van twee miljoen nie geregistreer kon word nie, daar is absoluut geen rede nie. Waar ons nou is, is mense wat te lank gewag het om kaarte te registreer. Dit is tipies Namibies om tot die laaste minuut te wag,” het hy gesê.

Volgens hom gaan die regering die tydperk van twee weke in die aanloop tot die einde van die jaar gebruik om vas te stel of kaarte wat nie geregistreer is nie, afgesny gaan word. Mathe sê die proses moet eindig.

“Selfs as jy dit verleng, gaan jy nog steeds mense kry wat nie hul kaarte gaan registreer nie. Wanneer is die afsnypunt dan? Een of ander tyd gaan die proses eindig en op 29 Desember gaan ons ’n finale besluit neem of daar uitstel sal wees,” het hy bygevoeg.

Mathe het ’n beroep op die bankbedryf gedoen om eerder oor die kwessie van simregistrasie te konsulteer as om met hul griewe na die media te hardloop. Dit volg ná kommer dat die deaktiverings tot 'n toename in bankbedrog sou lei.

“Ons vra die banke om na die tafel te kom. Hulle moet aanboord kom en boodskappe van hulle kant stuur, hulle is ’n sleutelrolspeler. Hulle moenie net buite sit en vingers wys nie. Dit is in werklikheid meer kragtig as dit van hulle af kom,” het hy gesê. Die regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië (Cran) se woordvoerder

Jarius Kapenda het aangedui geen uitstel sal ná die afsnydatum van 31 Desember gegee word nie en ongeregistreerde simkaarte sal opgeskort word. Mobiele verbruikers sal egter ’n grasietydperk van drie maande gegun word om hul kaarte te registreer om weer toegang te kry en hul selfoonnommers te behou.

“Dit is nie vir die owerheid om uitstel toe te staan nie. Cran het nooit ’n besluit geneem om uitstel ná 31 Desember toe te staan nie. Simkaarte sal afgesny word,” het hy gesê.

MTC het aangedui meer as 925 000 van sy kliënte of 47% is geregistreer, terwyl meer as 201 000 van TN Mobile se voorafbetaalde kliënte hul simkaarte geregistreer het. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!