Cran veil frekwensies op
Amptelike veiling tussen 24 en 28 April
Die kommunikasie-owerheid sê mededinging in die telekommunikasiebedryf moet deur die doeltreffende gebruik van die frewensiespektrum bevorder word.
Die regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië (Cran) is in die proses om radiofrekwensies tussen 694 MHz en 790 MHz, asook tussen 790 MHz en 862 MHz op veiling beskikbaar te stel.
Dié deel van die frekwensiespektrum is lankal in aanvraag veral onder telekommunikasie-diensleweraars wat nou kan bie en daarmee bykomende 4G- en 5G-dienste in Namibië kan lewer.
Cran se doel is dat die frekwensies in al 14 streke gebruik moet word om telekommunikasie-dienste aan tot 80% van die bevolking te bied.
Die owerheid sê mededinging in die telekommunikasiebedryf moet deur die doeltreffende gebruik van die frekwensiespektrum bevorder word.
Cran sê ook dat 5G-tegnologie die spektrum beter sal kan benut en teen ’n laer koste die toename in dataverkeer kan ondersteun.
Lisensieshouers sal op die beskikbare frekwensies kan bie. Cran se webwerf lys altesaam 67 lisensiehouers.
Cran se waarnemende uitvoerende hoof, Katrina Sikeni, sê die voorgeskrewe breëbandspoed en die gehalte van dienste sal verbeter – veral vir Namibiërs in afgeleë gebiede – met die uitbreiding van breëbanddienste deur lisensiehouers.
Daarbenewens sal die spektrum gebruik word om digitale transformasie te bevorder deur die lewering van breëband, met die implementering van onder meer e-onderwys, e-gesondheid, e-landbou, en e-regering.
“Boonop sal die spektrum wat toegeken word, gebruik word vir die verskaffing van mobiele en breëbanddienste met ’n aflaaispoed van nie minder nie as 20 Mbps,” sê sy.
“Dit sal skole in staat stel om voldoende netwerkverbinding te hê om aanlyn onderrig te verskaf,” het Sikeni uitgebrei.
Alle bieërs moet ’n gedetailleerde sakeplan indien, insluitend ’n ontplooiingsplan vir die volgende drie jaar.
Die tenders sal volgens ’n twee-stap-benadering geëvalueer word, sê sy.
Sikeni sê: “Die voldoening aan die tenderkriteria, en die evaluering van bieërs se sakeplanne in terme van finansiële en tegniese voorwaardes sal in ag geneem word, asook die nakoming van die rolverpligtinge binne die vasgestelde tydperk.”
Cran sal tot 3 Maart insette oor die veilingsproses aanvaar, en beoog om teen 17 Maart op die insette te reageer. Dit sal ook die sperdatum vir aansoeke wees.
Die amptelike veiling sal tussen 24 en 28 April plaasvind, met die uitkoms wat op 30 Junie aangekondig sal word.
Die betalingsproses moet teen 31 Julie voltooi wees en die gebruik van die betrokke frekwensies sal vanaf 21 Augustus ’n aanvang neem.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie