Gekombineerde sisteme die toekoms
Tydens die derde BCX Transform-beraad het Michael Langeveld, die hoof van tegnologie en besigheidsontwikkeling in Afrika en die Emirate vir die Hewlett Packard Enterprise, aangeraai dat sakeondernemings ’n gekombineerde benadering tot hul stelsels moet hê.
"Ons glo, soos ons al die afgelope tien jaar glo, dat gekombineerde stelsels die wêreld is waarin ons almal gaan leef. Sommige dinge is net nie gemaak vir die Wolk (digitale 'cloud') nie en ander dinge mag weer soontoe gaan," het Langeveld gesê.
Nuno Ceitil, ’n stelselingenieur vir Netscout, maan op sy beurt sakeondernemings moet voorbereid wees op kuberaanvalle. "Ek dink veral ons as ’n vasteland word geteiken," beaam Nampost se uitvoerende hoof vir inligting en tegnologie, Jorn Schnoor.
Schnoor sê besighede moet verseker hul kultuur is bevorderlik vir die verantwoordelike en veilige gebruik van tegnologie. "Die kultuur is belangrik. Dit is iets wat saam met jou op jou selfoon huis toe gaan," sê hy.
Die Manica Groep se bestuurder vir inligting- en kommunikasietegnologie Devin van Rooyen, verduidelik gekombineerde stelsels sal besighede beskerm, indien een soort tegnologie nie werk nie.
"Ek dink beslis die Wolk is hier om te bly." Standard Bank Namibië se hoof van bedrywighede en tegnologie, Jules Baruani, het egter gemaan dat kubersekuriteit en tegnologiese stelsels nie dieselfde vir elke besigheid kan wees nie.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie