The Namibia Space Port will offer Ground Gateway Terminal Hosting, Earth Observation Downlink Services and Tracking, Telemetry, and Control. Photo contributed
The Namibia Space Port will offer Ground Gateway Terminal Hosting, Earth Observation Downlink Services and Tracking, Telemetry, and Control. Photo contributed

Groen lig vir plaaslike ruimtesentrum-projek

Namibië het homself daartoe verbind om die voortou te neem in Afrika se ontwikkeling van ruimtetegnologie, met die goedkeuring van die Namibië Ruimtesentrum-projek (space port) deur Eos Capital, bestuurders van die Namibië Infrastruktuur Ontwikkeling en Beleggingsfonds (NIDIF).

Dié visioenêre inisiatief wat deur ’n N$540 miljoen-infrastruktuurfonds gerugsteun word, het ten doel om Namibië in die internasionale arena van satellietkommunikasie te vestig, onder leiding van Q-KON Namibia.

Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, Emma Theofelus, sê die vestiging van die sentrum is ’n beduidende stap om ruimtetegnologie te benut om kommunikasievermoëns oraloor Namibië en Afrika te verbeter.

Dit is in lyn met Namibië se nasionale beleid vir ruimtewetenskap en tegnologie wat in Junie 2021 bekend gestel is, en dui op die land se verbintenis tot ruimteverkenning, innovasie en volhoubare ontwikkeling.

Q-KON Namibia, as ’n gelisensieerde satellietdiensverskaffer, verwag om deur die plaaslike ruimtesentrum ’n deurslaggewende rol in die lae-wenteling-satellietbedryf se groei in Afrika suid van die Sahara te speel.

Dr. Dawie de Wet, die groep uitvoerende hoof van Q-KON, het sy entoesiasme uitgespreek om aan die stuur van dié inisiatief te staan, wat nie net belowe om Namibië se tegnologiese vaardighede op te skerp nie, maar ook om satellietoperateurs wêreldwyd te ondersteun in die verbetering van grondinfrastruktuur.

Die projek se aanvanklike fases sal noodsaaklike dienste insluit en noodsaaklike data-uitsendings vanaf wentelende satelliete moontlik maak. Terselfdertyd sal dit bydra tot wetenskaplike navorsing en opvoedkundige inisiatiewe oraloor die land.

Daar word ook verwag dat die plaaslike ruimtesentrum ’n deurslaggewende rol sal speel in die oorbrugging van die digitale gaping in Afrika deur alomteenwoordige satelliet-internetkonnektiwiteit met minder vertragings en hoëspoed-datatransmissie, sowel as onmiddellike en uitgebreide breëbanddekking te bied sonder die behoefte aan uitgebreide infrastruktuur vir mobiele torings.

Namate die projek vorder, word verdere ontwikkelings in die komende maande verwag, wat ’n belangrike mylpaal in Namibië se reis om ’n spilpunt vir satellietkommunikasie en tegnologiese innovasie in Afrika te word, merk.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: New Zealand 33 vs 13 Australia LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A