Hernubare energie gedryf deur 5G
Die regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië (Cran) het Maandag ’n rewolusionêre voorstel gemaak – om 5G-inligtingstegnologie en hernubare kragopwekking te verbind.
Volgens Cran staan Namibië op die rand van ’n energie-rewolusie, wat oorheersend gedryf word deur die integrasie van die sogenaamde vyfde-generasie-selfoontegnologie (5G).
“Hierdie gevorderde tegnologie belowe om die doeltreffendheid, betroubaarheid en omvang van hernubare energiebronne, soos son- en windkrag en groen tegnologieë, te verbeter. Dit sal die weg vir ’n meer volhoubare en energiedoeltreffende toekoms in Namibië baan,” luidens die jongste verklaring.
Spesifiek is 5G besig met ʼn rewolusie in die bestuur van hernubare energiebronne in Namibië, sê Cran.
Gevorderde konnektiwiteit maak die doeltreffender werking van sonkrag-, wind- en hibriede hernubare stelsels moontlik, deur onmiddellike monitering en voorkomende instandhouding, om te verseker dat hernubare energie-infrastruktuur optimaal werk en duur en ontwrigtende staantyd verminder word.
Die kern van die nuwe strategie is 5G-aangedrewe kragnetwerke.
“Hierdie gesofistikeerde netwerke, toegerus met ’n verskeidenheid sensors en IoT-toestelle (Internet of Things), verskaf gedetailleerde insigte tot energieverbruik en verspreiding. Die hoë-resolusie data maak die presiese balansering van energievraag en -aanbod, dinamiese pryse en verbeterde netwerkbetroubaarheid en -toeganklikheid moontlik,” volgens Cran.
In dieselfde asem sê Cran dat kommer oor die moontlike nadelige gesondheidsgevolge van 5G bloot wanopvattings is.
Cran dring daarop aan dat Namibië se 5G-netwerke aan streng standaarde voldoen om energie doeltreffend te gebruik en om sein-vrystellings te verminder.
“5G-tegnologie dien as ’n noodsaaklike kanaal in die bestuur en optimalisering van hernubare energiebronne, wat Namibië dryf om sy volhoubaarheidsdoelwitte te bereik,” sê Cran se uitvoerende hoof, Emilia Nghikembua.
Verder beklemtoon sy dat 5G afgeleë en landelike gebiede aan kommunikasienetwerke kan koppel, danksy die verbeterde reikwydte en deurset wat dit bied.
“’n Innoverende lopende betaalstelsel (pay as you go), wat deur 5G gefasiliteer is, verminder finansiële struikelblokke, wat wydverspreide toegang tot mikro-sonkragnetwerke en ander skoon energiebronne moontlik maak. Hierdie inklusiwiteit is die sleutel tot die bereiking van nasionale elektrifisering en energie-onafhanklikheid,” volgens Nghikembua.
“Die samesmelting van 5G en hernubare energie is meer as net ’n tegnologiese vooruitgang; dit is ’n paradigmaskuif vir Namibië. Terwyl die nasie voortgaan om sy oorvloedige son- en windhulpbronne te benut, staan 5G as ’n sleuteldryfveer, wat verseker dat hierdie groen energie-oplossings nie net volhoubaar is nie, maar ook universeel toeganklik is,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie