Hoe werk die nuwe wet op toegang tot inligting?
Inligting moet binne 21 dae verskaf word
Dié nuwe wet sal na verwagting deursigtigheid en aanspreeklikheid in staatsinstansies verbeter.
Die Nasionale Vergadering (NV) het verlede week die regulasies vir die wet op toegang tot inligting goedgekeur en hierdie wet is dus gereed om geïmplementeer te word.
Ingevolge hierdie wet sal lede van die publiek toegang mag kry tot relevante inligting van regeringsagentskappe en private entiteite wat deur die staat gefinansier word of openbare dienste verrig.
Kragtens die wet moet staatsinstansies en voorgenoemde private entiteite versoeke vir inligting aan die instansie se aangestelde inligtingsbeampte rig en moet inligting binne 21 dae verskaf word.
Inligting kan ook dringend aangevra word indien dit nodig is om iemand se lewe of vryheid te beskerm. In die geval van dringende versoeke moet die nodige inligting binne 48 uur gekommunikeer word met geen opsie vir verlenging nie.
Gewone versoeke se verwerkingstyd kan met 14 dae verleng word indien die versoek vir groot volumes inligting is of as die verskaffer van die inligting eers met derde partye moet konsulteer voor hulle die inligting kan bekend maak.
Die verskaffing van inligting kan ingevolge hierdie wet uitgestel word indien dit binne 21 dae vanaf die dag van die versoek in die NV ter tafel gelê of aan die instansie waarvoor dit voorberei is, voorgelê word.
Inligting moet gratis verskaf word kragtens hierdie wet, maar diegene wat inligting versoek, kan deur die wet vereis word om te betaal vir afskrifte of om die inligting te transkribeer.
Instansies wat aan die nuwe wet onderworpe is, moet ’n personeellid aanwys om as inligtingsbeampte vir hul organisasie te dien. Indien ’n instansie versuim om ’n inligtingsbeampte aan te wys, sal die hoof van die instansie as sy inligtingsbeampte moet dien.
In ooreenstemming met hierdie wet moet ’n inligtingskommissaris aangestel word om die wet toe te pas, te monitor en te bevorder. Die inligtingskommissaris moet onafhanklik wees en mag dus geen politieke amp beklee of enige politieke uitsprake op ’n openbare platform maak nie.
Die minister van inligting en kommunikasietegnologie moet 'n keuringskomitee byeenroep en dié komitee moet twee tot drie kandidate nomineer om as inligtingskommissaris te dien. Die NV moet dan een kandidaat goedkeur vir aanstelling deur die president.
HOE MOET INLIGTING VERSOEK WORD?
Versoeke om inligting hoef nie skriftelik gedoen te word nie, maar moet skriftelik vasgelê word.
Indien ’n mondelingse versoek om inligting gerig word, moet die inligtingsbeampte die versoeker help om hul versoek op skrif te stel.
Die inligtingsbeampte moet die versoeker ’n afskrif hiervan gee sodat die versoeker of ’n vertroueling kan nagaan of die inligting akkuraat is.
Versoeke om inligting moet genoeg besonderhede bevat sodat ’n inligtingsbeampte die inligting kan identifiseer en isoleer.
In dringende versoeke moet die redes vir dringendheid uiteengesit word, dit wil sê ’n verduideliking van hoe hierdie inligting iemand se lewe of vryheid sal beskerm, moet verskaf word.
Versoeke aan private entiteite moet uiteensit hoe hierdie inligting die uitoefening of beskerming van fundamentele regte sal help. Private entiteite kan slegs onder hierdie omstandighede wetlik verplig word om inligting bekend te maak.
Die versoeker moet ook aandui in watter vorm en taal hulle die inligting wil ontvang. Daar kan fooie verbonde wees aan die duplisering, transkribering en vertaling van inligting.
Indien inligting namens iemand anders aangevra word, moet die versoeker ’n bewys aanheg van die ander persoon se goedkeuring vir die versoek.
Inligtingsbeamptes is verplig om diegene wat inligting versoek by te staan, hetsy om hul versoek te rig of om te verseker dat die versoek op ’n geldige wyse gemaak word met alle relevante besonderhede.
UITSONDERINGS
Verskeie bronne van inligting word onder die wet op toegang tot inligting uitgesluit.
Vertroulike inligting, soos uiteengesit deur die wet op die Namibiese Sentrale Intelligensie, kan onder meer nie ingevolge die nuwe wet aangevra of bekend gemaak word nie.
Inligting wat individue of eiendom kan benadeel, asook inligting wat nasionale veiligheid of -verdediging in gevaar kan stel, word ook onder hierdie wet uitgesluit. Dieselfde geld vir inligting wat iemand kan help om ’n misdaad te pleeg.
Vertroulike inligting oor internasionale betrekkinge of inligting wat wetstoepassing kan belemmer, word ook hier uitgesluit.
Die vertrouensverhouding tussen ’n pasiënt en hul dokter sowel as joernaliste en hul bronne en gades kan ook nie onder hierdie wet aangevra word nie. Ander inligting wat wetlik vertroulik (priviliged information) is, hoef ook nie bekend gemaak te word nie.
Inligting wat deel vorm van akademiese en professionele eksamens of werwingsprosesse wat nog aan die gang is, bv. vraestelle, kan ook nie ingevolge die bepalings van die nuwe wet versoek word nie. Nadat die eksamen of werwingsproses voltooi is, kan hierdie inligting aangevra word.
Inligting wat binne 21 dae gepubliseer sal word, hoef ook nie deur instansies bekend gemaak te word nie.
GRONDE VIR WEIERING
Inligting wat ingevolge die wet op toegang tot inligting uitgesonder is, is nie die enigste inligting wat geweier kan word nie.
In gevalle waar inligting nie bestaan ??nie of nie gevind kan word nie, kan die versoek ook geweier word, maar sekere stappe moet eers gedoen word.
’n Inligtingsbeampte moet alle redelike stappe doen en ’n beëdigde verklaring aflê dat daar op alle relevante plekke gesoek is.
Hierdie verklaring moet uiteensit wie die soektogte uitgevoer het en met wie hulle gekommunikeer het oor die bestaan van die inligting ??of waar die inligting is. Ander relevante bewyse, soos bewyse dat die inligting vernietig is of waar dit laas was, moet ook hier ingesluit word.
Indien die inligting later gevind word, moet ’n inligtingsbeampte die versoeker onmiddellik skriftelik in kennis stel. Die versoek moet dan opnuut oorweeg en binne 14 dae voltooi word.
Indien ’n versoek geweier word, moet die inligtingsbeampte die redes vir die weiering aan die versoeker verduidelik.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie