Foto ter illustrasie/Iréne-Mari van der Walt
Foto ter illustrasie/Iréne-Mari van der Walt

Inligtingsministerie beplan slypsessies

Iréne-Mari van der Walt
“Die ministerie sal klem plaas op die onderrig van landsburgers oor die gevare van kubermisdaad en die belang van kubersekuriteit.”

So het die adjunkminister van inligting en kommunikasietegnologie, me. Emma Theofilus, verlede week in die parlement gesê.

Sy het gesê haar ministerie het in Julie vanjaar – juis vir dié doel – ’n Memorandum van Verstandhouding (MoU) met Salt Essential IT onderteken.

Sy sê uitnodigings is reeds aan verskeie staatsinstellings gestuur vir die bywoning van slypsessies oor kubersekuriteit.

Salt Essential se bemagtigingspesialis, me. Vanessa Maresch, sê dié maatskappy en die ministerie sal elke Vrydag vir ongeveer twee maande agt opvoedkundige virtuele slypsessies aanbied.

Sy het bevestig dat die inhoud vir openbare sessies reeds ontwikkel is, hoewel geen datums vir dié sessies vasgestel is nie.

Volgens Maresch is hierdie sessies ’n gulde geleentheid om Namibiërs te herinner dat hulle ewe waaksaam moet wees oor kuberveiligheid as hul fisieke veiligheid.

“Ons is geneig om te dink dit is nie werklik nie omdat dit in ’n virtuele wêreld gebeur, maar ons behoort dieselfde benadering te volg teenoor ons kuberveiligheid as ons fisieke veiligheid. Soos ons seker maak ons deure is gesluit, moet ons sorg dat ons wagwoorde in plek het; en soos ons seker maak die alarm is aangeskakel, moet ons kennisgewings op ons aanlyn rekeninge aktiveer,” het sy gesê.

TREF VOORSORGMAATREëLS

Die adjunkminister vir inligting en kommunikasietegnologie, me. Emma Theofilus, het vroeër aangeraai dat Namibiër die volgende voorsorgmaatreëls tref om te verseker hul aanlyn en digitale besonderhede is veilig:

• moet nie op aanlyn skakels klik waarvan jy onseker is nie;

• moet nie persoonlike inligting soos wagwoorde met vreemdelinge deel nie;

• gebruik sterk wagwoorde en verander wagwoorde gereeld;

• gebruik lang wagwoorde wat meer as 12 karakters asook letters, nommers en spesiale karakters bevat;

• moet nie persoonlike inligting as wagwoorde gebruik nie;

• verseker dat alle aanlyn rekeninge se multifaktorverifikasie geaktiveer is;

• hou sagteware op toestelle op datum; en

• as dit te goed lyk om waar te wees, is dit waarskynlik.

Mnr. Rigo Reddig, direkteur van Cynetio Cyber Security Solutions, beveel aan dat ’n sin gebruik word om ’n wagwoord te formuleer. Byvoorbeeld as die eerste letter van elke woord in die sin “die pienk olifant slaap in die sagte kombers” gebruik word, sal die wagwoord “dposidsk” wees.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!