Foto ter illustrasie/Pexels, Energepic
Foto ter illustrasie/Pexels, Energepic

Instagram vir tieners op pad

Onderhewig aan strenger sekuriteitsmaatreëls
Instagram se moedermaatskappy beskik nie oor die nodige inligting om te beraam hoeveel Namibiese gebruikers na tienerrekeninge oorgeskakel gaan word nie.
Iréne-Mari van der Walt
Hoewel Meta, die moedermaatskappy van Facebook, WhatsApp en Instagram, Dinsdag aangekondig het dat hulle Instagram-rekeninge vir tieners gaan skep, sal hierdie kenmerk eers vanaf Januarie op Namibiese gebruikers van toepassing wees, het Meta se direkteur vir kommunikasie in Afrika, die Midde-Ooste en Turkye, Kezia Anim-Addo, bevestig.

Volgens Anim-Addo beskik Meta nie oor die nodige inligting om te beraam hoeveel gebruikers in Namibië hierdeur geraak sal word nie.

Met dié rekening sal tieners outomaties onderhewig wees aan strenger sekuriteitsmaatreëls op Instagram. Tieners jonger as 16 sal toestemming van ’n ouer of voog moet kry om hul veiligheidsmaatreëls te stel.

Tieners sal outomaties na private Instagram-rekeninge oorgeskakel word, wat beteken dat hulle nie eenvoudig gevolg kan word nie, maar eers ’n volgversoek sal ontvang wat hulle moet aanvaar voor die volgeling die inhoud wat hulle op Instagram plaas, kan sien.

Tieners sal ook onder die strengste maatreëls vir private boodskappe geplaas word en kan slegs boodskappe ontvang van mense wat hulle volg of waarmee hulle reeds verbind is.

Hulle kan ook net gemerk (tag) word deur mense wat die tiener op sosiale media volg en geen sensitiewe inhoud sal aan hulle gewys word nie.

Instagram sal ook na 60 minute elke dag vir tieners ’n kennisgewing stuur dat hulle die toepassing moet verlaat en sal kennisgewings van Instagram oornag afskakel en outomatiese antwoorde op persoonlike boodskappe stuur.

Met hierdie verandering sal ouers en voogde kan sien aan wie hul kinders die afgelope sewe dae persoonlike boodskappe gestuur het, maar sal nie die inhoud van die boodskappe kan sien nie.

Ouers kan ook die daaglikse tydsbeperking vir die gebruik van Instagram beperk en hul tiener van Instagram verban vir sekere tye van die dag. Tieners kan versoeke aan hul ouers stuur om die maatreëls te verslap.

Om te verseker dat tieners nie bloot ’n verkeerde geboortedatum aan Instagram gee nie, sal hulle hul identiteitsdokument moet oplaai.

Dit word vir 30 dae op Instagram se bediener gestoor en word dan uitgevee. Daarbenewens sal tieners een van twee metodes moet kies om hul ouderdom te verifieer: sosiale verifikasie (social vouching) of ’n video van hulself.

Met sosiale verifikasie sal tieners Instagram-gebruikers wat ouer as 18 jaar oud is en aan sekere sekuriteitsmaatreëls voldoen, vra om hul ouderdom te bevestig.

Deur ’n video te gebruik, sal ’n kunsmatige intelligensie, Yoti, hul gesigte ontleed om hul ouderdom te skat. Yoti kan glo tieners tussen die ouderdomme van 13 en 17 met 99,3% akkuraatheid identifiseer en hou nie die video nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.09 | EUR to NAD 19.42 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.88 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 584.91/OZ UP +1.00% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.78% | Zinc US$ 2 939.80/T UP 1.13% | Brent Crude Oil US$ 75.10/BBP UP +2.88% | Platinum US$ 988.41/OZ UP +2.15% Sport results: LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.09 | EUR to NAD 19.42 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.88 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 584.91/OZ UP +1.00% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.78% | Zinc US$ 2 939.80/T UP 1.13% | Brent Crude Oil US$ 75.10/BBP UP +2.88% | Platinum US$ 988.41/OZ UP +2.15%