Internetspoed in Namibië 146ste ter wêreld
'Allerhande argumente teen Starlink'
Gerugte oor Starlink se lisensiëring in Namibië het die afgelope jaar vlamgevat.
In die lig van Namibië se daling op die Ookla Speedtest-wêreldranglys vir vaste breëband-internetspoed, glo Rowland Brown van Cirrus Capital daar is geen enkele oplossing wat Namibië na die voorpunt, of selfs die middelpunt, van digitale ontwikkeling sal dryf nie.
Namibië het verlede jaar 143ste plek behaal teenoor vanjaar se 146ste plek.
“Op die ou end kom dit neer op jou prioriteite. Is jy [as ’n land] ontvanklik vir tegnologiese ontwikkeling óf die behoud van dit wat reeds in plek is?
“Daar is byvoorbeeld allerhande argumente teen Starlink, en baie van daardie argumente is in ’n mate ’n erkenning dat die tegnologie wat ons tans het, minderwaardig is,” sê hy.
Oor beleidsmakers se gesag in besluite oor watter tegnologie Namibiërs mag gebruik, sê Brown: “Die werklike kwessie hier is iets wat baie meer fundamenteel is en dit is dat die regering kan besluit waar jy produkte en dienste vandaan kry.”
Gerugte oor Starlink se lisensiëring in Namibië het die afgelope jaar vlamgevat, maar die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië (Cran) hou voet by stuk dat Starlink 51% van sy aandele in Namibië aan ’n Namibiese vennoot sal moet oorhandig.
Die minister van inligting en kommunikasietegnologie het egter die mag om Starlink van hierdie reël vry te stel. So ’n besluit is egter nog nie aangekondig nie.
Tans blyk ’n vennootskap tussen Starlink en Paratus Namibia moontlik te wees.
Paratus se uitvoerende hoof, Barney Harmse, het in September verlede jaar gesê Paratus verkoop reeds Starlink-hardeware in ander lande en dat hierdie soort tegnologie "elke vierkante kilometer in Namibië [aan die internet] kan verbind.”
Brown is egter van mening dat ’n plaaslike vennoot baie min waarde tot Starlink kan voeg.
“Watter waarde sou ’n plaaslike vennoot bring behalwe om lisensiëring moontlik te maak? Namibië het ’n klein aanspreekbare mark.
“Starlink het die beherende belang in lande soos Indië afgestaan [waar hy 70% aandele aan twee Indiese maatskappye oorhandig het], maar daar is ’n enorme aanspreekbare mark. Ons as Namibië het geen mag om te onderhandel nie,” sê hy.
Volgens Brown moet Namibiërs die mag hê om self te kan besluit watter soort tegnologie hulle wil gebruik.
“Wat het dit met Cran te doen? As Starlink te duur is vir die gemiddelde Namibiër – wat die aanname maak dat daar een bedrag is wat elke Namibiër kan bekostig of nie kan bekostig nie – kan diegene wat dit kan bekostig dit steeds gebruik.
“Volgens daardie logika moet ons baie ander dinge verbied omdat dit te duur is vir die gemiddelde Namibiër,” sê hy.
“Om nuwe tegnologie aan te neem is nie veronderstel om ’n regeringsgedrewe inisiatief te wees nie. As die regering dit net nie so moeilik maak om moderne tegnologie aan te neem nie sou die land vooruit beweeg. Ons is egter tans ietwat op die agtervoet omdat ons die mentaliteit het om eerste te reguleer,” sê Brown.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie