KI in die media

Om verantwoordelik te eksperimenteer
Daar is geen redakteur in die wêreld wat die sleutels na die kasteel aan enigiemand, wat nog te sê 'n masjien, moet oorhandig nie.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Niemand kan ontken dat kunsmatige intelligensie (KI) die manier waarop nuus oorgedra word en die werkvloei van besighede oraloor die wêreld kan verbeter en verhoog nie.

Maar kan organisasies, insluitend nuuskamers, KI gebruik om die manier waarop dit bedryf word te vernuwe en tot groter hoogtes te lei? In ’n wêreld waar KI rondom ons is, hoe kan joernalistieke integriteit en vertroue gehandhaaf word en wat is die toekoms van KI in die media?

Een van die mees kritieke uitdagings in ’n nuuskantoor, is om nie redaksionele beheer te verloor nie, sê Jane Barrett, die globale redakteur vir media en nuusstrategie by die internasionale nuusagentskap Reuters.

Die agentskap het in ’n omvattende ondersoek na KI se rol in die media, erken hoewel waninligting met reg die meeste van die negatiewe aandag kry, is die spoed waarteen KI se vaardighede verander net so ’n groot risiko.

Dit tesame met die uitdagings van wetgewing vir die manier waarop hierdie hulpmiddels leer en die bedreiging wat dit vir maatskappye se internetdiensverskaffers inhou, word saamgevat in die verslag Powering Trusted News with AI: Navigating the present and shaping the future.

Daar is geen redakteur in die wêreld wat die sleutels na die kasteel aan enigiemand, wat nog te sê ’n masjien, moet oorhandig nie, sê Barrett.

“By Reuters word ons gedryf deur die vertroue-beginsels. Die handhawing van integriteit, onafhanklikheid en vryheid van vooroordeel in ons joernalistiek. Maar vir KI is beginsel vier ook tersaaklik – dat ons niks sal ontsien om die nuus en dienste wat ons aan kliënte bied, uit te brei, te ontwikkel en aan te pas nie. Ons is opgewonde en ons wil eksperimenteer, maar ons wil dit verantwoordelik doen,” het sy beklemtoon.

Dit beteken voor KI in Reuters se nuuskamers ontplooi word, moet dit aan sekere kriteria voldoen. In Julie vanjaar het die agentskap ’n nuwe KI-gedrewe hulpmiddel Avista bekend gestel wat kliënte help om spesifieke afdelings van video’s te vind om hul werkvloei van redigering en produksie te bespoedig.

Een van die uitdagings is om by die inhoud uit te kom wat kliënte op hul platforms nodig het, sê Nick Cohen, die senior direkteur vir produkte.

“Dit behels wanneer jy die regte stuk inhoud gekry het, hoe om by die presiese deel van die relevante inligting uit te kom,” verduidelik hy.

Met KI is elke stelsel geneig om soms foute te begaan, sê Yulia Pavlova, die direkteur vir innoverende tegnologie.

“Die vraag is wat is die potensiële foute en die moontlike skaal en impak daarvan?”

Om dit te beantwoord het Pavlova en haar span verskeie maatstawwe omvattend getoets om vertroue in Reuters se genereerde inhoud te verhoog met die doel om dit “so na as moontlik tot menslike vlak of selfs hoër te maak”.

“Daar is nie een metode wat almal sal pas nie. Dit is ons verantwoordelikheid om omvattend en in detail na die werk te kyk wat elke persoon en span doen en uit te werk waar ons masjiene kan kry om ons te help om ons werk meer doeltreffend te doen,” verduidelik Barrett.

“Die vraag is ‘kan ek werk vervang wat mense doen maar nie nodig het om te doen nie?’ en ‘Hoe vul ek die werk wat ons reeds doen aan en voeg waarde by’.”

Aan die tegniese kant verwys Pavlova na KI-algoritmes wat help om vals storielyne te identifiseer en wat kan verifieer of ’n storie, foto’s en video’s deur KI gegenereer en verander is.

Cohen maan ’n kritieke stap om te verseker waninligting kry nie ’n houvas nie en dat vertroue in joernalistiek behoue bly, is om mense se KI-geletterdheid te verhoog.

Ons is in ’n tyd van beduidende verandering in die geskiedenis van nuusjoernalistiek en die media, sê Barrett.

“Dit is ’n kritieke tyd om voorraadopname te doen, prosesse en hulpmiddels te ontleed om vas te stel hoe geïntegreer hulle is en hoe dit verder gebruik kan word as dit reeds werk.

“Vir die toekoms is dit hoe outomatisering sommige van die meer ‘lastige’ aktiwiteite van joernalistiek, soos vertaling en transkribering, kan verlig en sodoende meer tyd beskikbaar sal stel vir rapportering wat nou belangriker as ooit is – gebaseer op feite, onbevooroordeeld en van ’n vertroude bron.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!