KI: Mens en masjien saam in die nuuskantoor
Verslag fokus op voorspellings en tendense
Vanjaar is die jaar wanneer die nuuswêreld begin reageer op en 'n visie bou vir joernalistiek in die era van kunsmatige intelligensie en hoe mens en masjien produktief saam kan bestaan.
As Robocop en Transformers die somtotaal van jou ervaring met kunsmatige intelligensie (KI) is, is dit lankal tyd dat jy ’n soekenjin op jou foon kry en uitvind hoe die wêreld en alles wat deel daarvan is, op sy kop gekeer word.
KI is besig om spoedig dinge soos dit was (en is) te verander en as jy nie byhou nie, mag jy later wonder waar eindig die mens se skepping en intelligensie en waar het KI lankal oorgeneem.
In ’n jaar waarin die wêreld, insluitend Namibië, na die stembus gaan vir geskiedkundige verkiesings wat in verskeie gevalle ’n ommekeer en ’n verandering in beheer in baie lande kan meebring, voorspel Nic Newman implikasies vir die betroubaarheid van inligting en die volhoubaarheid van die hoofstroommedia.
In sy verslag wat fokus op voorspellings en tendense in joernalistiek, media en tegnologie vir 2024, verwys Newman benewens die kritieke verkiesings in meer as 40 demokrasieë ook na die voortslepende oorloë in Europa en die Midde-Ooste.
Teen dié agtergrond en met ’n voorspelling dat die meerderheid van alle inhoud op die internet reeds teen 2026 sinteties vervaardig sal wees, maan Newman joernaliste en nuusorganisasies sal hul rol en doel dringend moet heroorweeg.
Hy verwys na Search Generative Experiences (SGE) wat oral op die internet sy verskyning gaan maak. SGE sal ook vergesel word deur ’n klomp KI-gedrewe kletsbotte wat ’n vinniger en “meer intuïtiewe” manier bied om inligting te bekom.
Met skerp dalings in verwysingsverkeer vanaf Facebook en X, kan die voorgenoemde verandering die vloei na gevestigde nuuswebbladsye moontlik met tyd verder verminder, sê Newman.
In meer optimistiese oomblikke spreek die 314 nuusleiers uit 56 lande en gebiede wat aan Newman se opname deelgeneem het, die hoop uit vir ’n era waar hulle hul afhanklikheid van ’n paar reuse-tegnologieplatforms kan verbreek en nouer en direkte band met lojale kliënte kan bou.
“In dié verband kan ons van media-eienaars verwag om meer beperkings op toegang tot inhoud te plaas en ook duur regsverteenwoordigers nader te trek om hul intellektuele eiendom (IP) te beskerm,” sê Newman.
Volgens hom sal hulle egter terselfdertyd bewus daarvan wees dat hierdie strategieë dit selfs meer uitdagend maak om jonger en minder opgevoede gehore te lok, waarvan talle reeds gemaklik is met nuus wat volgens algoritmes gegenereer word en swakker bande het met tradisionele media.
Newman beklemtoon in sy verslag dat veranderinge ook geleenthede bring, met nuusorganisasies oraloor die wêreld wat maniere vind op by die nuwe wêreld aan te pas.
Sy opname onder 76 hoofredakteurs, 65 uitvoerende hoofde of besturende direkteure en 53 hoofde vir digitale vernuwing van sommige van die wêreld se voorste tradisionele mediamaatskappye sowel as digitale organisasies het tot die volgende bevindinge gelei:
*Net die helfte (47%) uit die poel redakteurs, uitvoerende hoofde en digitale hoofde het vertroue in die vooruitsigte vir joernalistiek, met 12% wat erken die prentjie lyk droewig. Kommer sluit in stygende koste, daling in die inkomste uit advertensies, stadige groei in intekenaargetalle, sowel as toenemende regs- en fisieke teistering. Maar daar is ook die hoop dat die verkiesings in Amerika en elders verbruik en belangstelling ’n hupstoot sal gee, al is dit tydelik en met die potensiaal om vertroue in die media verder te laat afneem.
*Sowat 63% is bekommerd oor die skerp daling in verwysingsverkeer vanaf sosialemediabladsye. Volgens Chartbeat het verkeer na nuusbladsye vanaf Facebook in 2023 met 48% gedaal en verkeer van X/Twitter met 27%. In reaksie hierop gaan die meeste respondente (77%) meer op hul eie direkte kanale fokus.
* Uitgewers sê hulle gaan meer moeite doen met WhatsApp en Instagram ná Meta se besluit om uitsaaikanale vir hulle oop te maak. Belangstelling in videonetwerke, soos TikTok en YouTube, bly groot, terwyl Google Discover ’n belangriker maar wisselvallige verwysingsbron word. Facebook en X/Twitter is egter besig om al hoe laer af te skuif.
*Die meeste uitgewers gaan meer fokus op video’s, nuusbriewe en poduitsendings, met dieselfde aantal nuusartikels.
*Die kwessie om sekere nuus selektief te vermy en “nuusmoegheid” bly ’n kwessie van groot kommer vir mediamaatskappye wat belangstelling in onder meer nuus uit Gasa en Oekraïne, wat as “moeilike” stories bestempel word, volhoubaar wil oordra. Dit sluit in ’n beter verduideliking van ingewikkelde stories, ’n meer konstruktiewe benadering om stories te vertel, asook meer inspirerende mensestories.
*Uitgewers gaan voort om in intekenare en lidmaatskap te belê as ’n belangrike inkomstestroom.
*’n Paar uitgewers hoop om winsgewende lisensie-ooreenkomste met KI-platforms aan te gaan, maar is egter nie optimisties dat enige voordele gelykop gedeel sal word nie. Uitgewers is onseker oor die gebruik van KI vir die skep van inhoud wat deur meer as die helfte van die respondente as die grootste reputasierisiko beskou word.
*Meer koerante sal hul daaglikse drukproduksie staak, met drukkoste wat aanhoudend styg en verspreidingsnetwerke wat verswak en in sommige gevalle breekpunt bereik.
*’n Beduidende skuif gaan gemaak word om digitale nuus en inhoud wat nie nuus is nie saam te voeg om bestaande kliënte gelukkig te hou. Subskripsies vir intekenare sal speletjies, poduitsendings, tydskrifte, boeke en selfs inhoud van ander uitgewers insluit.
*Groot tegnologieplatforms gaan ook meer na ’n betaalde sakemodel leun om hul afhanklikheid van advertensies te verminder. X, Meta en TikTok bied vanjaar meer premium-dienste en dit sluit advertensievrye opsies in asook dié wat klem op privaatheid plaas.
*KI-botte en persoonlike assistente wat onder meer die jongste nuus deel, raak al hoe gewilder, maar plaas natuurlik die netelige kwessie oor intellektuele eiendom op die voorgrond. Baie van hierdie botte is gebaseer op persoonlikhede of joernaliste namate die tegnologie vir kloning verbeter, wat weer regs- en etiese vrae laat ontstaan.
*Die gevegte tussen diegene wat reken dat KI die einde van die (beheer) van die wêreld beteken en diegene wat dit so vinnig moontlik na soveel as moontlik gebiede wil uitbrei, gaan tot verskeie hoëprofiel-verklarings lei oor die risiko’s wat dit vir die mensdom inhou. Dit is egter die KI-ondersteuners wat vanjaar in die bestuurdersitplek bly soos regerings sukkel om die tegnologie te verstaan en te beheer.
*Verlede jaar se voorspelling dat Elon Musk as uitvoerende hoof van Twitter sou uittree, het inderdaad waar geword, maar min kon egter die volle omvang van die ontwrigting sien kom het en wat gelei het tot reusewerksverliese, ’n naamsverandering (X) en Musk wat adverteerders van afpersing beskuldig. Die boodskap vir vanjaar – verwag meer van dieselfde en skerp veranderinge in rigting!
Nou meer as ooit sal progressiewe nuusorganisasies unieke inhoud en ervarings moet skep wat nie maklik deur KI gedupliseer kan word nie.
Dit sluit in van indiepteontledings en menslike ervarings tot langer oudio- en videoformate wat makliker is om te “verdedig”, sê Newman.
Organisasies fokus egter ook daarop om KI-tegnologie te gebruik om hul besighede doeltreffender in ’n toenemend moeilike ekonomiese klimaat te maak.
Die visie en die droom, sê Newman is om aan te hou bou aan ’n visie vir joernalistiek in die era van KI.
– Bron: Digital News Project – Journalism, Media and Technology Trends and Predictions 2024; Nic Newman.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie