Koperdiefstal ruk handuit
’n Man is verlede Woensdag op heterdaad betrap terwyl hy koperkabels in die Lafrenz-nywerheidsgebied gesteel het.
Lede van die Katutura-polisiekantoor wat op patrollie was, het die man gesien en op hom geskiet
Die verdagte is in sy onderlyf gewond toe hy probeer weghardloop het en hy is na die Katutura-staatshospitaal vir behandeling geneem.
In nog ’n voorval is een verdagte Vrydag in hegtenis geneem, en ses ander het op die vlug geslaan, ná hulle met koperkabels in ’n inkopiemandjie betrap is.
Volgens ao. Silas Shipandeni, polisiewoordvoerder in die Khomasstreek, is daar nie statistiek beskikbaar oor hoeveel koperdiefstalsake vanjaar landswyd aangemeld is nie, “nogtans in Khomas alleen het ons reeds vir 2022 sowat 70 voorvalle op rekord, wat tussen 10 en 12 sake ’n maand is,” sê hy.
“Tot dusver is ongeveer 16 verdagtes in hegtenis geneem in verband met die diefstal van koperkabels. Die hof het reeds sommige vervolg en skuldig bevind,” voeg hy by.
Hy sê die inligting wat aan die polisie beskikbaar is, dui dat koperdiefstal veral in die Khomasstreek in gebiede soos onder meer Katutura, Lafrenz, die Noordelike Nywerheidsgebied, Otjomuise langs die Moses Garoeb-pad, in Cimbebasia, op die gedienste grond op pad na Brakwater en naby Omti Lodge voorkom.
“Die voorvalle is meer opportunisties aangesien dit gewoonlik onbewoonde gebiede teiken of waar koperkabels blootgelê is. Hulle word meestal gedurende die dag gesteel, maar dit gebeur ook in die nag,” het hy gesê.
Shipandeni sê egter ’n sterk vermoede bestaan dat sekere skrootwerwe in die hoofstad betrokke mag wees, aangesien hulle die gewildste mark vir gesteelde koper bied.
“Dus, die indruk van georganiseerde misdaad tussen die skrootwerwe en oortreders. Maatskappye wat deurloop is meestal Telecom, NamPower en Windhoek se munisipaliteit, omdat dit meer voorkom op gedienste grond wat onbewoon is en huise wat lank gelede gebou maar nog onbewoon is,” brei hy uit.
Telecom het reeds vanaf 15 Junie opgehou om koper aan enige skroothandelaars te verkoop en bied amnestie vir enigiemand wat voor 31 Augustus koper by hulle wil inhandig.
Ná 31 Augustus sal die koper egter as gesteelde goedere beskou word, volgens die maatskappy.
Die uitvoerende hoof van Telecom, dr. Stanley Shanapinda, sê die hele land ly onder die nagevolge van koperdiefstal wat teen hoë kostes vervang moet word, en die onderbreking van dienste veroorsaak, ook kommunikasie met nooddienste.
Hy moedig Namibiërs aan om die polisie of Telecom op 061 11 000 te kontak indien hulle enige relevante inligting het.
“As jy iets sien, sê iets,” het hy Namibiërs aangemoedig. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie