Kuberaanvalle: ‘Paratus, Telecom nie enigstes wat deurloop’
Meer kennis en kundiges nodig
Kenners meen die twee kuberaanvalle wat die afgelope maande wydverspreide aandag getrek het, is nie die enigste voorvalle in die land nie.
In die nasleep van ’n onlangse kuberaanval op die telekommunikasiediensverskaffer, Paratus Namibia, sê die maatskappy dit blyk dat hoofsaaklik interne operasionele lêers geraak is.
Die maatskappy poog egter steeds om die volle omvang van die databreuk te bepaal.
Paratus se besturende direkteur, Andrew Hall, het in die maatskappy se verklaring gesê geraakte dienste soos hul stem (083)-dienste en sommige inligting wat deur wolkdienste aangebied word (cloud-hosted environments) moes beveilig word.
Dit volg nadat die staat se telekommunikasiediensverskaffer, Telecom, ook in Desember onder ’n losprysaanval deurgeloop het.
Paratus het gister in ’n verklaring gesê hy het sedert die aanval op 13 Februarie “beduidende bykomende beleggings” in kuberveiligheid gemaak.
“Ons besef ons verantwoordelikheid om hierdie voorval deursigtig en doeltreffend te takel,” het Hall gesê.
‘NIE DIE ENIGSTE’
Salt Essential IT se bemagtigingspesialis, Vanessa Maresch, waarsku Namibiërs dat die aanvalle op Paratus en Telecom nie die enigste kubervoorvalle in Namibië is nie.
“Ons moet beter doen. Ons kan nie bloot op eksterne partye staatmaak nie. Hoe jy as gebruiker kan seker maak dat jy veilig is, is om te verseker dat jou stelsels (soos sagteware) opgedateer is – dit is waaroor jy beheer het,” sê sy.
“In die geval van kuberaanvalle is dit nie 'n kwessie van ‘as’ jy aangeval word nie, maar eerder wanneer. Jy kan jou bes doen, maar dit is nooit gewaarborg nie,” sê sy.
Sy meen egter dat wetgewing oor kubersekuriteit wel kuberkrakers kan afskrik, maar dit nie noodwendig kuberaanvalle sal voorkom nie.
“[Wetgewing] gaan nie verhoed dat iets met jou gebeur nie. En dit is nie ’n probleem wat eie is aan Namibië of aan Afrika nie. Dit is ’n probleem op ander vastelande ook en die afgelope jare het dit net erger geword, want dit is nou ongelooflik maklik om uit te voer.
“Kuberkrakery het oor die afgelope vyf jaar van ’n waarde van US$5 miljard tot US$10,5 triljoen gegroei,” sê sy.
Maresch sê gratis inligtingsessies wat deur Salt Essential IT in samewerking met die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie (MICT) aangebied word, word goed deur personeel van korporatiewe instellings ondersteun. Die publiek toon egter nie belangstelling nie.
“Die groter instellings kan gewoonlik bekostig om beter kuberveiligheidstelsels in plek te stel, maar dit sal ons klein- en mediumondernemings, individue, bejaardes en jongmense die ergste raak.
“Die enigste manier om jouself te beskerm, is om te weet wat om in daardie omstandighede te doen,” sê sy.
TEKORT AAN KUNDIGES
Die hoof van die Indië-Namibië Sentrum vir Uitnemendheid in Inligtingstegnologie (INCEIT), dr. Arpit Jain, glo ’n gebrek aan wetgewing rakende kuberveiligheid sowel as ’n gebrek aan plaaslike kundiges op hierdie gebied is van die grootste oorsake van herhaalde kuberaanvalle in Namibië.
Jain, wat ’n voorstander is vir die ontwikkeling van kapasiteit in kuberveiligheid, beklemtoon die belangrikheid daarvan om Namibië se raamwerk vir kuberveiligheid te versterk.
Terwyl pogings sedert 2013 aan die gang is om wetgewing te laat goedkeur, bied die afwesigheid van 'n kuberveiligheidswet, tesame met ’n tekort aan plaaslike kundiges, uitdagings om die bedreigings vir kuberveiligheid te takel.
“Ons tree stadig op. Daar is baie kuberaanvalle in Namibië, veral in die laaste paar jaar, wat nie die kollig bereik nie. Kuberveiligheid is ’n vinnig ontwikkelende veld, en dit is noodsaaklik om pogings in beide wetgewing en vaardigheidsontwikkeling te bespoedig,” sê hy.
Terwyl Jain MICT se inisiatiewe erken, beklemtoon hy dat daar ’n behoefte is aan groter belegging in plaaslike kundigheid.
“Ons moet sterk kuberveiligheidsbeleide daar stel wat nasionale veiligheid kan verbeter.
“Ons moet ervare professionele mense, akademici, navorsers en kundiges aan boord bring om ’n sterk grondslag van kuberveiligheid te ontwikkel wat sal verseker dat Namibië kuberbedreigings
proaktief kan takel en sy digitale veerkragtigheid kan verbeter,” voeg hy by.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie